Fiets om­ge­val? Só bly jy blaas-blaas bo

Volksblad - - Motors -

Nou­dat ge­sins­mo­tors el­ke denk­ba­re truuk het om jou met gon­sers en ka­me­ras ty­dig en on­ty­dig van raad en daad te be­dien, is die nu­we veld wat braak lê die be­skeie mo­tor­fiets.

Ons het reeds en­ke­le stel­sels wat al al­le­daags in mo­tors is, soos ABS-rem­me, lug­ve­ring en dub­bel­kop­pe­laar-rat­kas­te, op van die jong­ste fiet­se ge­vind.

Maar nou werk die Duit­se teg­no­lo­gie­groep Bosch aan iets ra­di­kaal nuuts. Dink daar­aan as Vaat­jie Ven­ter, die twee­des se ha­ker, wat moet leer om die bal in die duik­slag uit te gee.

Bosch se witjas­se noem hul nu­we na­vor­sing die “gly­ver­min­de­rings­pro­jek” vir mo­tor­fiet­se en ba­sies is dit pre­sies wat die stel­sel pro­beer doen: Om te keer dat jou fiets nie on­der jou uit­gly as jy te haas­tig Sa­rel nie.

Die slim ou­ens met die sak­re­ke­naars en ge­kleur­de pen­ne in die bo­sak het ’n klein kom­pres­sor en ’n lug­tenk in ’n toets­fiets vas­ge­bout en twee spuit­pun­te, een aan el­ke kant van die fiets.

As jy nou oor­leun in ’n draai en jou wiel be­gin gly, sal die kom­pres­sor ’n sterk stroom lug by die oor­kant­ste spuit­punt uit­blaas.

Die ge­dag­te is dat dié ge­blaas jou fiets sty­wer op die teer­pad moet vas­druk, wat dan die gly­e­ry sal teen­werk.

■ In ’n ma­te het Knormoer meer hoop op Vaat­jie se be­mees­te­ring van nu­we teg­niek as dié slim foe­fie. Maar die Duit­sers sê be­ne­wens ’n paar skra­pe en ge­kneus­de ego, is Die­ter, hul toets­ja­er, heel in­ge­no­me met die stel­sel.

“As dit by kar­re kom, is Kers­va­der se bu­re net so vin­ding­ryk.

Maar wag, daar’s nog

So van vei­lig­heid­stel­sels geW­hat­sApp praat. Knormoer sien Bosch werk ook aan ’n paar an­der truuks vir twee­wie­lers.

Die een stel­sel is volg­af­stand­be­heer, waar jy net ’n af­stand kies wat jy ag­ter die ver­keer wil bly en dan kan jy maar waai vir die mei­sies op die sy­paad­jie. Die fiets rem en ver­snel van­self in die ver­keer.

Nog ’n truuk is om jou te waar­sku as daar ’n Cam­ry in jou blin­de­kol is, wat ons weet vin­ni­ger as ’n Ki­wi-skeids­reg­ter jou dag kan ver­suur.

Die nut­tig­ste speel­ding, re­ken Knormoer, is ’n fiets-tot-voer­tuig-ge­sels­stel­sel. Nee, dis nie in jou val­helm nie. Jou mo­tor­fiets se blik­brein sal met e­ni­ge an­der voer­tuig s’n kan kom­mu­ni­keer, so in die ry.

Dit be­te­ken an­der mo­to­ris­te kan vroeg­ty­dig van jou teen­woor­dig­heid ver­der vo­ren­toe (om ’n draai of in swak sig) ver­wit­tig word. En om­ge­keerd.

■ Knormoer dink dis als o­lie-ko­lo­nie, hier­die slim goed. Maar kan hul­le tog ’se­blief net ’n gom ont­werp vir BMW GS-fiet­se? Noem dit som­mer Gom­gat, jou an­ti-meer­kat-gom.

In­tus­sen, in S­we­de

Knormoer het nog al­tyd ver­moed die S­we­de is werk­lik ’n prak­tie­se na­sie. As jy B­j­örn Borg op die kas­sie wil kyk, kry jy net ’n I­kea-kof­fie­ta­fel om die huis­al­taar op te laat staan en sit Ab­ba op die draad­loos.

Sien, die S­weed­se u­to­pie, net daar in jou sit­ka­mer.

As dit by mo­tors kom, is Kers­va­der se bu­re net so vin­ding­ryk. E­lek­trie­se mo­tors is mos nou groot nuus, maar al­mal weet jy kan net om die blok ry, dan is jou bat­te­ry pap. Wat nou?

Geen pro­bleem nie, seg S­ven. Ont­hou jy jou S­ca­lex­tric-stel?

Net bui­te S­tock­holm het die slim ou­ens ’n 2 km lan­ge stuk hoof­pad ge­neem en ’n me­taal­spoor in die mid­del in­ge­mes­sel.

As jy nou met jou e-voer­tuig daar­oor ry, laat sak jy net ’n arm­pie on­der jou voer­tuig se pens en dié sleep dan in die groef ag­ter­na. En sie­daar, jou e-mo­tor se bat­te­ry word só in die ry ge­t­jaarts. Soos jou S­ca­lex­tric-vuur­wa.

Na­tuur­lik het die witjas­se ver­der ge­dink. ’n Bor­sel net voor die arm­pie vee wa­ter en vuil­heid weg en as jy klaar her­laai het, trek die arm­pie soos ’n Boeing se wie­le weer te­rug on­der die pens.

■ Ga­ters, sê Knormoer. Kan ’n mens nie ’n paar po­li­ti­ci daar gaan laat ry om hul­le ’n bie­tjie woe­ma te gee nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.