Hoe lank hou jóú ban­de?

Volksblad - - Motors -

Da­wie, Jo­han­nes­burg

Hoe lank hou mo­tor­ban­de dees­dae? Vol­gens my vriend Google is 192 000 km op ’n stel Mi­che­lins be­haal.

My dog­ter se Golf, wat sy in 2006 nuut ge­koop het en meest­al in stads­ver­keer ge­bruik, het nou kort dus­kant 161 000 km op drie van die oor­spronk­li­ke ban­de af­ge­lê. Die ver­vaar­di­gings­da­tum op die ban­de is “4605,” dit wil sê week 46 in 2005. Daar is steeds ’n he­le paar mil­li­me­ter loop­vlak oor, maar kra­kies kom nou op die skou­ers voor. Vir vei­lig­heid sal die ban­de eers­daags ver­vang word.

Ek wil graag van an­der hoor wat hul on­der­vin­ding en lang­ste af­stan­de is.

My eie on­der­vin­ding is nie eens na­by 60 000 km nie, ver­al ook met die la­e­pro­fiel­ban­de wat slag­of­fers van slag­ga­te word lank voor­dat die loop­vlak op­ge­bruik is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.