Eie­soor­ti­ge NX bied sy eie styl

Volksblad - - Motors - Mar­nus Hat­tingh

Dit is nog­al op­val­lend hoe­dat Lexus net nie die­self­de vas­trap in die SA mark kan kry as wat hy in by­voor­beeld A­me­ri­ka ver­mag nie. Daar is sy RX-sport­nuts een van die top­ver­ko­pers in sy seg­ment. Plaas­lik het Lexus ’n breë por­te­feul­je, maar an­der han­dels­mer­ke bly hom op die ver­koops­vloer met ’n leng­te wen.

Een mo­del wat die po­ten­si­aal het om die kop­knik van Suid-A­fri­ka­ners te kry, is sy nu­we NX-mo­del­le. Ons sê nuut, maar in der waar­heid staan die NX al ’n jaar of drie op die toon­vloer.

Die NX is Lexus se kom­pak­te sport­nuts, waar hy mee­ding met an­der def­ti­ge sport­nut­se soos die Au­di Q5, Vol­vo XC60 en BMW X3. Maar dan is daar ook meer al­le­daag­se sport­nut­se soos die Ma­z­da CX-5 en Nis­san X-Trail, voer­tuie wat baie mooi en baie knap is – teen ’n veel bil­li­ker prys.

En dit is straks die NX se a­chil­les­hiel. Se­dert hy in De­sem­ber ’n op­knap­ping on­der­gaan het, wis­sel sy pry­se tus­sen R600 000 en am­per R800 000. Dis baie geld.

Wat het ons hier?

Vir die jong­ste weer­ga­we het Lexus ’n paar klein kos­me­tie­se ver­an­de­rings aan die bui­te- en bin­ne­voor­koms aan­ge­bring. Buf­fers en sier­roos­ter, die lig­te, en die ska­ke­laars bin­ne.

Dan is die naam ook ver­an­der: Die ou N200t-be­na­ming val weg om plek vir N300 te maak. Lexus sê die ou naam het op die 2.0-li­ter-tur­bo ge­dui, ter­wyl die nu­we naam eer­der op ’n krag­vlak sin­speel (“300,” want die twee­li­ter­tur­bo se krag is soort­ge­lyk aan ’n ge­wo­ne 3.0-li­ter-en­jin se krag).

Af­wer­kings is tip­top

Met ’n Lexus se af­wer­king kon jy nog nooit fout vind nie. Dit is im­mers die Toyo­ta-groep se weel­de-af­de­ling. Die voor­koms het straks een ak­sent­lyn te veel bui­te­langs (kyk net daar­die rem­lig­te, wat soos elm­boë uit­steek). En die roos­ter lyk oor­don­de­rend. Maar hy is mo­dern en spor­tief en dit is wat die ont­wer­pers wou bied.

Ek is ge­ïm­po­neer met sy af­wer­kings bin­ne. Die leer­be­kleed­sel is sag, en dit is o­ral, van die stuur­wiel en deur­pa­ne­le tot by die in­stru­ment­pa­neel. K­lei­nig­he­de, soos die sag­te kus­sin­kie waar jou knie rus, is sub­tiel, maar help ’n def­ti­ge ge­voel skep.

Vir die nu­we mo­del is die ska­ke­laars min­der ge­maak en die raak­skerm ’n ek­stra paar vin­gers bre­ër. I­ko­ne is groot en kleur­vol, en die stel­sel is mak­lik om deur te na­vi­geer. Ek het wel die af­we­sig­heid van ’n be­heer­knop ge­mis. In ste­de daar­van ge­bruik Lexus ’n raak­op­per­vlak, langs die rat­hef­boom. Jy streel met jou vin­ger­punt hier­oor, wat dan die ska­ke­laars op die skerm be­lig.

Dit werk moei­li­ker en sta­di­ger as ’n ge­wo­ne draaiknop met tui­mel­kas­sies op die skerm.

Die ka­juit is lek­ker stil, selfs teen hoë snel­he­de. Been­ruim­te ag­ter is goed ge­noeg vir ’n paar tie­ners om ge­mak­lik te sit, ter­wyl die laai­bak ook ’n ba­ba-spe­lonk is.

Gooi mie­lies

Lexus noem dat hy die ve­ring met so­wat 20% sty­wer ge­maak het om bak­rol teen te werk.

Ja­pan­se voer­tuie het ’n voor­lief­de vir ’n sag­te rit, maar straks het die in­ge­ni­eurs ge­noeg te­rug­voer ge­kry dat die NX met sy spor­tie­we voor­koms net te veel oor­hel in ’n draai as jy e­ner­giek be­stuur. Se­ker­lik met die jong­ste ver­stel­lings voel hy rats son­der om die ferm­heid van ’n Q5 of X3 na te boots. D

ie rat­ska­ke­ling van die ou­to­ma­tie­se rat­kas is soom­loos en dank­sy drie rit­mo­dus­se kan jy ook kies hoe vroeg el­ke rat­ska­ke­ling moet ge­skied. My ver­bruik het rond­om 7,6 li­ter ge­boer, wat bil­lik is son­der om die bes­te in sy klas te wees.

Slot­som

Ek het die NX300 ge­niet, hoe­wel hy nie my eer­ste keu­se as kom­pak­te sport­nuts sal wees nie. Die fer­mer rit pas meer in by ons Suid-A­fri­kaan­se be­stuur­styl, en die af­wer­kings en stil ka­juit is be­slis eer­ste­klas.

Die law­we be­heer­pa­neel­tjie waar­mee jy die in­lig­ting­stel­sel moet ma­ni­pu­leer is oor­bo­dig, en ’n bie­tjie meer ka­rak­ter sou kon help.

En na­tuur­lik daar­die fris prys. Maar vir sy on­der­steu­ners sal hy pre­sies wees wat hul­le ver­lang.

Prys: Lexus NX300 EX – R677 300.

Fo­to: MAR­NUS HAT­TINGH

Lexus se op­ge­knap­te NX bied ’n soe­pel, kom­mer­vrye rit ge­kom­bi­neer met ’n def­ti­ge bin­ne­ruim en teg­no­stel­sels. Ons soek nog ’n bie­tjie per­soon­lik­heid, eg­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.