Ford gee op­ge­knap­te Ran­ger ’n lang lys truuks

Volksblad - - Motors - Mo­tor­re­dak­sie

Ford sê wan­neer sy op­ge­knap­te Ran­ger-bak­kie vol­gen­de jaar plaas­lik be­kend ge­stel gaan word, sal hy nie net ’n vars voor­koms kry nie, maar ook ’n op­ge­knap­te ve­ring­stel­sel – en na­tuur­lik die nu­we 2.0-li­ter-bi­tur­bo­die­sel en tien­gang­rat­kas vir die Rap­tor.

Die koms van die Rap­tor is groot nuus, aan­ge­sien dié har­de­kwas bak­kie Ford se nu­we vlag­skip gaan word. Dit sal die eer­ste keer wees dat Ford sy mid­del­slag­bak­kies (in teen­stel­ling met die groot bak­kies wat hy in A­me­ri­ka ver­koop) met die Rap­tor-kwas be­han­del.

Die Rap­tor sal boon­op net hier in Suid-A­fri­ka ge­bou word. Die bak­werk word in Sil­ver­ton, P­re­to­ria, aan­me­kaar-ge­sit, ter­wyl die nu­we en­jin in Ford se S­tru­an­da­le-aan­leg in Port E­li­za­beth ge­bou word.

Ford het ver­le­de jaar ’n be­leg­ging van R3 mil­jard in sy SA be­dry­wig­he­de ge­pomp as voor­be­rei­ding vir die op­knap­pings en nu­we Rap­tor. Die S­tru­an­da­le-aan­leg, by­voor­beeld, kry ’n nu­we mon­teer­baan waar­op die wer­kers slegs die fris die­sel gaan bou.

Die Ran­ger-bak­kies word na­tuur­lik nie net plaas­lik ver­koop nie, maar ook uit­ge­voer. Ford sê in to­taal ver­skeep hy sy Suid-A­fri­kaans ge­bou­de Ran­gers na 148 mark­te oor die wê­reld heen, en ver­al na Eu­ro­pa en A­sië.

Maar eers die op­knap­pings. Die bak­kies sal ’n sko­ner ge­sig kry met ’n een­vou­di­ger sier­roos­ter in die mid­del, maar nu­we kol­lig­te diep on­der in die hoe­ke maak ook hul ver­sky­ning. Die on­der­kant van die roos­ter kry ’n ek­stra, breë lug­in­laat.

Ag­ter sal die laai­klap op som­mi­ge mo­del­le met ’n mo­tor toe­ge­rus wees so­dat jy dit met veel min­der moei­te hoef op te lig om dit toe te klap.

Top­mo­del­le kry ’n self­par­keer­funk­sie, soos wat jy reeds in som­mi­ge ge­sins­mo­tors vind. Dit laat toe dat die bak­kie hom­self groot­liks op sy eie in ’n pa­ral­lel­le par­keer­ruim­te kan in­wurm. Die bak­kie draai self, jy moet net met die pe­trol- en kop­pe­laar­pe­daal steun gee.

Wat die rit­ge­hal­te be­tref, het Ford sy in­ge­ni­eurs ge­vra om die ag­ter­ve­ring aan te pas om min­der bak­rol te bied, in ’n po­ging om sy pad­ry­ge­hal­te op te knap.

Wat die Ran­ger Rap­tor be­tref, gaan die nu­we die­sel­en­jin oor twee tur­bo’s be­skik wat se­kwen­si­eel werk. Die Rap­tor sal ook oor ses rit­mo­dus­se en diep sport­sit­plek­ke be­skik.

Ford se Ran­ger kry vol­gen­de jaar ’n vars ge­sig en op­ge­knap­te rit, as­ook nut­ti­ge teg­no­funk­sies wat die be­stuur­der se le­we sal ver­ge­mak­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.