VBS ‘dalk nie red­baar’

‘Dis as­of hul­le ge­glo het hul­le is ontaan­tas­baar’

Volksblad - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Dit be­gin al hoe on­waar­skyn­li­ker lyk dat VBS Mu­tu­al Bank ge­red sal kan word.

Die ver­troue dat dié bou­ver­e­ni­ging van on­der­gang ge­red sal kan word, is min­der as toe die ku­ra­te­le be­gin het, het Ku­ben Nai­doo, hoof van die Re­ser­we­bank se Om­sig­tig­heids­o­wer­heid, gis­ter ge­waar­sku.

Die Re­ser­we­bank het al in 2016 vir VBS Bank ge­waar­sku om sy af­hank­lik­heid van mu­ni­si­pa­le de­po­si­to’s te ver­klein.

Toe die Re­ser­we­bank VBS op 11 Maart on­der ku­ra­te­le ge­plaas het, was dit aan­vank­lik net oor sy li­ki­di­teits­pro­ble­me, het Nai­doo aan die par­le­ment se staan­de ko­mi­tee oor fi­nan­sies ge­sê.

Maar die bank het vir die Re­ser­we­bank “ge­lieg” oor die wa­re toe­drag van sa­ke, want op die eer­ste dag van die ku­ra­te­le is ge­vind die bank het geen ka­pi­taal­re­ser­wes nie.

Adv. Ter­ry Mo­tau is in A­pril aan­ge­stel om ’n fo­ren­sie­se on­der­soek te doen.

Mu­ni­si­pa­li­tei­te sal waar­skyn­lik hul geld ver­loor.

Vir ge­wo­ne men­se word min­stens R50 000 per de­po­sant ge­waar­borg.

Dit kan se­we tot tien jaar vat om die de­po­san­te te­rug te be­taal, het Nai­doo ge­waar­sku, hoe­wel hy re­ken dis selfs on­waar­skyn­lik dat dit so gou kan wees.

Daar is by­na R390 mil­joen se de­po­si­to’s van ge­wo­ne men­se, maar VBS het geen ka­pi­taal­buf­fer soos wat bank­wet­ge­wing ver­eis om de­po­si­to’s te dek nie.

Die on­der­soek is in ’n baie sen­si­tie­we sta­di­um, maar Nai­doo het be­lo­we die ver­slag daar­oor sal aan ver­vol­gings­o­wer­he­de oor­han­dig word en sal be­kend ge­maak word wan­neer dit ge­skik is.

’n Kom­mis­sie van on­der­soek word be­plan om vas te stel pre­sies wat by VBS ver­keerd ge­loop het.

A­noosh Roop­lal van die ou­dit­fir­ma Si­z­weNt­sa­lu­baGo­bo­do (SNG) is aan die stuur van die span van SNG wat as ku­ra­tor aan­ge­stel is. Roop­lal sê ver­skeie wan­voor­stel­lings is in VBS se fi­nan­si­ë­le s­ta­te ont­dek.

Roop­lal wou nie vrae van Da­vid May­nier, DA-lid van die ko­mi­tee, ant­woord oor wat van oud­pres. Ja­cob Zu­ma se le­ning by VBS ge­word het nie. Hy het ge­skuil ag­ter die ver­trou­lik­heids­ver­hou­ding tus­sen ’n bank en sy kli­ënt.

Zu­ma het in 2016 ’n le­ning van R7,8 mil­joen van VBS ge­kry om die skuld af te be­taal vir die op­knap­pings aan sy huis in N­kand­la.

Ca­ro­li­ne da Sil­va van die Ge­drags­o­wer­heid vir die Fi­nan­si­ë­le Sek­tor sê ’n pen­si­oen­fonds se geld word ook ge­raak deur die VBS-skan­daal.

Dit het ge­spruit uit be­rig­te ver­le­de jaar dat R255 mil­joen van die Bop­he­lo Be­ne­fi­ci­a­ry Fund (BBF) weg­ge­raak het.

Dié fonds, as­ook Bop­he­lo Be­ne­fit Ser­vi­ces (BBS), is teen Ju­nie on­der ku­ra­te­le ge­plaas.

Ve­le In­ves­t­ments het in Au­gus­tus die be­heer­groep van BBS vir R370 mil­joen ge­koop en ’n deel van die geld sou ge­bruik word om BBF te her­ka­pi­ta­li­seer. Dié geld is eg­ter by VBS ge­de­po­neer.

Floyd S­hi­vam­bu, EFF-lid van die staan­de ko­mi­tee oor fi­nan­sies, meen die re­de vir VBS se in­een­stor­ting is “half­har­ti­ge toe­sig” deur re­gu­le­ren­de o­wer­he­de soos die na­si­o­na­le te­sou­rie.

Nai­doo sê die Re­ser­we­bank het op 5 Sep­tem­ber ver­le­de jaar die di­rek­sie van VBS in­ge­roep en ge­waar­sku hul­le moet hul af­hank­lik­heid van mu­ni­si­pa­le de­po­si­to’s ver­klein an­ders gaan hul­le li­ki­di­teits­pro­ble­me kry. VBS het toe selfs ge­dreig om die na­si­o­na­le te­sou­rie hof toe te sleep na­dat die te­sou­rie mu­ni­si­pa­li­tei­te ge­waar­sku het dis teen die wet vir hul­le om met on­der­lin­ge ban­ke sa­ke te doen, het Nai­doo ge­sê.

Waar die Re­ser­we­bank voor­heen R5 mil­jard in A­fri­can Bank be­lê het om hom te red, het hy nog nie e­ni­ge geld in VBS ge­sit nie, want hy weet nog nie wat die ge­hal­te van die ba­tes is nie, het hy ver­dui­de­lik.

Is­mail Mo­mo­ni­at, ad­junk­di­rek­teur-ge­ne­raal van die te­sou­rie, sê dit was as­of VBS se be­stuur ge­glo het hul­le is “on­aan­tas­baar”.

Hul­le was baie ar­ro­gant in hul ska­ke­ling met die te­sou­rie, as­of hul­le ge­weet het hul­le het po­li­tie­ke be­sker­ming.

Ku­ben Nai­doo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.