Drank­ver­ko­pe steeds Tops by S­par

Volksblad - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker

S­par se Tops-drank­win­kels het in die half­jaar tot ein­de Maart weer die groep se ver­ko­pe in Sui­der-A­fri­ka ge­lig deur­dat drank­ver­ko­pe met 13% tot R5,8 mil­jard ge­styg het.

Gra­ham O’Con­nor, uit­voe­ren­de hoof van die S­par-groep, sê dit is be­reik in ’n om­ge­wing waar­in ver­brui­kers “ef­fens meer on­der druk is as ’n jaar ge­le­de”.

Drank­ver­ko­pe vind baat by ne­ga­tie­we en po­si­tie­we sen­ti­ment. “Men­se koop drank as hul­le on­ge­luk­kig is én as hul­le ge­luk­kig is.”

Die sen­ti­ment in die land is meer po­si­tief se­dert Cy­ril Ra­map­ho­sa pre­si­dent ge­word het, maar dit “het nie reg­tig na ver­brui­kers deur­ge­vloei nie. Hul­le is steeds on­der druk”.

Dié druk word ook nie net ge­sien in S­par se win­kels wat la­er­in­kom­ste­groe­pe be­dien nie en O’Con­nor meen toe­stan­de gaan op kort tot me­di­um­ter­myn moei­lik bly vir ver­brui­kers.

Tops het 754 win­kels na­dat 21 in die half­jaar ge­o­pen is.

Met die nu­we win­kels uit­ge­sluit, het drank­ver­ko­pe in ver­ge­ly­ken­de win­kels steeds sterk met 8,6% ge­styg.

In­fla­sie op drank­pro­duk­te bly in die lae en­kel­sy­fers se­dert die drank­reus ABIn­bev na die mark ge­kom het ná die oor­na­me van SABMil­ler.

S­par is eint­lik ’n groot­han­de­laar wat sy in­kom­ste ver­dien uit ver­ko­pe aan win­kels wat on­der sy han­dels­na­me han­del dryf. Hy toon die ver­ko­pe in die win­kels aan om ’n i­dee te gee hoe dit op klein­han­del­vlak gaan.

Sy om­set uit die groot­han­del van drank het met 12,6% tot R3,4 mil­jard ge­styg.

Die klein­han­de­lom­set in S­par-win­kels het met 4,9% tot R40,4 mil­jard ge­styg.

Die sy­fers is ne­ga­tief ge­raak deur die al­ge­me­ne im­pak wat die uit­bre­king van lis­te­ri­o­se ge­had het.

“Die ver­ko­pe van ver­koel­de, ver­werk­te vleis is aan­sien­lik ge­raak. Daar was ’n dui­de­li­ke nei­ging dat ver­brui­kers plaas­ver­van­gers ge­koop het.”

In ver­ge­ly­ken­de win­kels het ver­ko­pe met 2,9% ge­styg.

S­par se in­ter­ne in­fla­sie­koers (dus die ge­mid­del­de prys­sty­ging teen­oor die oor­een­stem­men­de tyd­perk ver­le­de jaar) het dras­ties ge­daal tot 1,9% oor die ses maan­de. “Dit is re­de­lik ver­stom­mend as in ag ge­neem word dat dit in die oor­een­stem­men­de half­jaar 8,2% was,” sê O’Con­nor.

Dié da­ling word toe­ge­skryf aan ’n da­ling in prys van sta­pel­voed­sel­pro­duk­te.

Hy ver­wag nie dat hul­le de­fla­sie in hul win­kels gaan sien nie, maar dat die in­ter­ne in­fla­sie­koers gaan styg.

Sy om­set uit groot­han­del aan S­par-win­kels het met 4,2% tot R27,2 mil­jard ge­styg.

Daar was 921 S­par-win­kels in Sui­der-A­fri­ka ein­de Maart; 18 meer as ver­le­de jaar.

O’Con­nor sê hul­le is meer te­vre­de met die by­drae van die groep se Eu­ro­pe­se be­dry­wig­he­de in dié ses maan­de.

S­par is ook in Ier­land en S­wit­ser­land be­dry­wig.

Die he­le S­par-groep se om­set het met 5,6% tot R50 mil­jard ge­groei.

Die di­vi­dend per aan­deel vir die half­jaar is met 12% tot R2,70 per aan­deel ver­hoog.

Tops het 754 win­kels na­dat 21 in die half­jaar tot ein­de Maart ge­o­pen is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.