Ap­te­ke

Volksblad - - Sake -

Die S­par-groep het in die half­jaar ’n be­he­ren­de be­lang van 60% in die far­ma­seu­tie­se groot­han­de­laar Fifth Se­a­son In­ves­t­ments 126 ge­koop, wat as S Buys han­del dryf.

Hy het R74,9 mil­joen vir die be­lang be­taal. Hy gaan in 2022 die res van die on­der­ne­ming koop.

“Ons het vyf jaar lank rond­ge­speel met ap­te­ke en ons en som­mi­ge van ons klein­han­de­laars het ge­suk­kel om geld daar­uit te maak. Ons het be­sluit ons moet dit of or­dent­lik doen, of glad nie in dié mark wees nie.”

Die groep het tans 94 ap­te­ke wat in win­kels of net bui­te win­kels is.

“Ons is op­ge­won­de oor die ge­leent­heid, maar dit gaan nie so groot wees soos Tops nie. Dit is wel ’n by­ko­men­de in­kom­ste­stroom vir ons.”

O’Con­nor be­skryf die S­par-groep as ’n klein rol­spe­ler teen die reu­se in die mark soos C­licks en DisC­hem.

S Buys het in die half­jaar sy om­set met 11,3% tot R438,4 mil­joen ver­hoog. Die on­der­ne­ming se wins is be­ïn­vloed deur la­er as ver­wag­te staats­be­heer­de prys­ver­ho­gings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.