Ne­ne nou wel aan stuur by B­ri­cs-bank

Volksblad - - Sake Nuus -

Nhlanhla Ne­ne, mi­nis­ter van fi­nan­sies, is tot voor­sit­ter van die Nu­we Ont­wik­ke­lings­bank (NOB) se di­rek­sie ver­kies.

Dié bank staan ook be­kend as die “B­ri­cs­bank” na­dat dit in 2015 ge­sa­ment­lik deur die B­ri­cs-lan­de – Bra­si­lië, Rus­land, In­dië, C­hi­na en Suid-A­fri­ka, ge­skep is.

Die bank het sy eer­ste ver­ga­de­ring in 2015 ge­had.

Dit is die ein­ste bank wat Ja­cob Zu­ma, voor­ma­li­ge pre­si­dent, be­weer het Ne­ne na toe sou skuif toe Zu­ma Ne­ne in De­sem­ber 2015 on­ver­wags met Da­vid van Rooy­en as mi­nis­ter van fi­nan­sies ver­vang het.

Ne­ne is tot en met hier­die ver­kie­sing nooit by die bank aan­ge­stel nie.

Hy is se­dert­dien weer in Fe­bru­a­rie deur p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa in die pos as mi­nis­ter van fi­nan­sies aan­ge­stel.

Bui­ten Ne­ne se ver­kie­sing het die bank le­nings aan al vyf sy lid­lan­de goed­ge­keur.

Die to­ta­le be­drag be­loop $1,6 mil­jard (R20,3 mil­jard), waar­van Suid-A­fri­ka $200 mil­joen (R2,5 mil­jard) sal ont­vang om die vrag­hou­er­ter­mi­nus in die Dur­ban-ha­we te her­bou.

Lui­dens ’n ver­kla­ring deur die NOB is die doel met die pro­jek om Trans­net te help om sy ka­pa­si­teit in Dur­ban te ver­hoog.

Nhlanhla Ne­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.