D­rei­gen­de Sas­sa-sta­king kan toe­lae raak

Volksblad - - Sake Nuus - Han­lie S­tad­ler

Die uit­be­ta­ling van staats­toe­lae gaan on­ge­twy­feld ge­raak word as werk­ne­mers van die SuidA­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa) be­sluit om te staak.

Reu­ben Ma­le­ka, woord­voer­der van die Ver­e­ni­ging van S­taats­amp­te­na­re (PSA), sê dié vak­bond ver­teen­woor­dig na­ge­noeg 3 000 van die 4 000 Sas­sa­werk­ne­mers.

Die vak­bond het al ’n kla­ring­ser­ti­fi­kaat van die Kom­mis­sie vir Ver­soe­ning, Be­mid­de­ling en Ar­bi­tra­sie be­kom en Sas­sa in ken­nis ge­stel dat hy van 8 Ju­nie af gaan staak as on­der­han­de­lin­ge oor ver­ho­gings en an­der voor­de­le nie vor­der nie.

Die PSA eis ver­ho­gings van ver bo die in­fla­sie­koers. Die eis is 15% vir werk­ne­mers op la­er pos­vlak­ke en 13% vir ho­ër pos­vlak­ke.

Daar­be­ne­wens eis die PSA ’n be­hui­sing­sub­si­die van R2 500 per maand en le­de wil die reg hê om hul eie me­die­se fonds te kies, pleks van die ver­plig­te ge­bruik van die me­die­se fonds vir s­taats­amp­te­na­re (Gems).

Die VSA se eis is reeds in Fe­bru­a­rie in­ge­dien, maar Sas­sa het nog nie ’n teen­aan­bod ge­doen nie, sê Ma­le­ka.

Sas­sa-werk­ne­mers val nie on­der die ko­ör­di­ne­ren­de be­din­gings­raad vir s­taats­amp­te­na­re (PSCBC) nie, maar on­der die Sas­sa- na­si­o­na­le be­din­gings­fo­rum.

I­van F­re­de­ricks, hoof­be­stuur­der van die PSA, sê hul­le is be­wus daar­van dat die sta­king “die kwes­baar­ste le­de van die sa­me­le­wing sal raak”. Dis waar­om hul­le die sta­king eers vir 8 Ju­nie be­plan om Sas­sa kans te gee om ’n teen­aan­bod in te dien.

“Die VSA het ook her­haal­de­lik pro­beer om met die mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling te ver­ga­der om on­der meer te praat oor Sas­sa se mis­luk­king om loon­on­der­han­de­lings te vol­tooi. Die on­no­di­ge ver­tra­gings­tak­tiek deur Sas­sa het die VSA eg­ter met geen keu­se ge­laat nie as om ken­nis te gee (van die sta­king) en le­de te mo­bi­li­seer.”

Die PSA sê hy bly be­reid om te on­der­han­del om die dooi­e­punt op te los.

Sas­sa se kom­mu­ni­ka­sie­hoof kon nog nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.