K­li­ën­te moet wéér en wéér kom in­loer

Volksblad - - Spesiale Blad -

Van ’n baie be­skeie ont­staan by Bloem­fon­tein se Boe­re­mark in Lan­gen­ho­ven­park tot ’n splin­ter­nu­we spog­per­seel in Ge­ne­raal De Wet – dit is die suk­ses­ver­haal van D&J Vleis.

Jim­my en A­dri Vor­ster, ei­e­naars van hier­die ge­wil­de Bloem­fon­tein­se vleis­win­kel, ver­tel dat hul­le so be­dry­wig by die Boe­re­mark ge­raak het, dat die win­kel ’n na­tuur­li­ke uit­vloei­sel was. “Uit na­vrae wat by die mark ont­staan het, het ons aan­vank­lik ’n klein win­kel by Joy’s-sen­trum in Fi­chardt­park be­gin en in 2006 het ons na ’n gro­ter per­seel, die ou KFC-per­seel in De­la­rey­laan in Ge­ne­raal De Wet, ge­trek. Daar het ons uit­ein­de­lik tien jaar lank be­sig­heid ge­doen,” ver­tel hul­le.

Jim­my was voor­heen ver­bon­de aan ver­skeie af­de­lings van die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­sie­diens, ter­wyl A­dri on­der meer in die bank­we­se en meu­bel­han­del ge­werk het.

Hul­le lag as hul­le bieg dat hul­le voor D&J Vleis se ont­staan nie een veel van vleis ge­weet het nie.

“Ons het da­rem gou ge­noeg be­sef ons sou moes leer en vin­nig ook!” ver­tel Jim­my.

“Met baie har­de werk en soms duur les­se wat ge­leer moes word en deur die ge­na­de van die Lie­we He­re het ons ge­groei van se­we per­so­neel­le­de tot 35 van­dag!” voeg A­dri by.

Dit het gou dui­de­lik ge­word dat die k­li­ën­te nie nood­wen­dig op soek was na goed­koop vleis nie, maar na ge­hal­te vleis en vleis­pro­duk­te. Dit is met dié in­sig wat Jim­my sy be­na­de­ring tot die be­sig­heid re­a­li­seer het: K­li­ën­te­te­vre­den­heid is al­les.

“K­li­ën­te is die kern waar­om D&J draai. Jy kom koop nie net Fa­nus se tjop­pie (soos die be­ken­de ra­dio-ad­ver­ten­sie lui) by ons nie, maar jou to­ta­le er­va­ring van­dat jy by die deur in­stap, moet een wees van “ek wíl weer hier kom koop”, ver­dui­de­lik Jim­my.

Tal­le k­li­ën­te het oor die ja­re die pad saam met Jim­my en A­dri ge­stap – deur die goeie tye en soms ook deur min­der goeie tye.

A­dri sê met trots: “D&J se k­li­ën­te word D&J se k­li­ën­te, jy is nie net ’n kli­ënt nie, jy is ONS kli­ënt.”

Met ’n som­to­taal van 104 ja­re se diens tus­sen D&J Vleis se hui­di­ge per­so­neel, meen hul­le dat hul­le el­ke ge­sig ken wat daar kom koop.

D&J Vleis se pro­duk­te dra deur die bank ’n geld-te­rug-waar­borg. Hul­le is die e­nig­ste vleis­win­kel in die stad wat ’n ten vol­le o­pe­ra­si­o­ne­le re­ling­stel­sel het. Dit be­te­ken kar­kas­se word aan vleis­hak­ke ge­haak van­uit die af­le­we­raar se trok en dan ge­stoot na waar dit in die slag­huis moet gaan. Han­te­ring van kar­kas­se word so­doen­de tot die minimum be­perk. Hul­le koop net die bes­te ge­hal­te vleis aan met die doel om vir k­li­ën­te die bes­te ge­hal­te­pro­duk teen die be­kos­tig­baar­ste prys te bied. “Goeie vleis, goeie prys met goeie diens, want jou tong ver­dien dit” – soos die slag­spreuk lui.

“By D&J Vleis wil ons hê dit moet vir jou lek­ker wees om te kom vleis koop. Ons is ’n vleis­win­kel vir die he­le ge­sin en ons gee nie om as die kin­der­tjies so nou en dan om die ys­kas­te rond­hard­loop nie, dis ons vol­gen­de ge­ne­ra­sie k­li­ën­te. D&J is ge­bou en ge­skoei op Chris­te­li­ke waar­des en ons dank die He­re vir al Sy se­ë­nin­ge,” sê A­dri.

Hul­le be­na­druk ook dat D&J Vleis nie ’n slag­huis is nie, ons slag niks hier nie, D&J is JOU vleis­win­kel, want “Jou tong ver­dien dit!”

Die vrien­de­li­ke per­so­neel van D&J Vleis wat k­li­ën­te daag­liks met ’n groot glim­lag be­groet.

A­dri en Jim­my Vor­ster, die ei­e­naars van D&J Vleis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.