Leeus be­twis Mos­tert se skuif

Volksblad - - Sport - – Chris­to Bu­ch­ner

Die uit­tog van Leeus-spe­lers na die En­gel­se klub Glou­ces­ter het ver­de­re mo­men­tum ge­kry met die aan­kon­di­ging gis­ter dat die S­pring­bok­ke Ru­an D­rey­er en Fran­co Mos­tert hul­le dáár by hul eer­tyd­se span­maats Ru­an Ac­ker­mann en Jaco K­riel gaan aan­sluit en ook her­e­nig word met hul vo­ri­ge af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann.

Ru­dolf S­tra­eu­li, uit­voe­ren­de hoof van die Leeus, het be­ves­tig dat D­rey­er die u­nie ver­laat, maar sê daar is ’n dis­puut wat Mos­tert se skuif be­tref.

Dit blyk dus dat Glou­ces­ter voor­ty­dig aan­ge­kon­dig het dat hy een van dié klub se spe­lers gaan word, aan­ge­sien die Leeus hom nog as een van hul spe­lers be­skou. Daar was in die ver­le­de ook ’n dis­puut oor Mos­tert toe daar on­der­han­del is dat hy sy rug­by in Frank­ryk sou gaan speel, maar daar­die skuif het deur die mat ge­val en hy het toe uit­ein­de­lik by die Leeus ge­bly.

S­tra­eu­li wou hom nie ver­der uit­laat oor die Mos­tert-dis­puut nie en sê bloot dit is ’n ge­skil wat vol­gens die reg­te pro­se­du­res op­ge­klaar moet word. Hy wou ook nie sê of Glou­ces­ter met e­ni­ge an­der Leeus­spe­lers on­der­han­del nie.

Die ge­voel in Leeus-krin­ge dat Ac­ker­mann ’n stroop­tog op hul spe­lers uit­voer en hul­le af­rok­kel, sal met die jong­ste ver­wik­ke­lin­ge net ver­de­re mo­men­tum kry.

Mos­tert het wel in ’n ver­kla­ring wat deur Glou­ces­ter uit­ge­reik is ge­sê hier­die is ’n nu­we hoof­stuk in sy le­we en dat hy baie po­si­tie­we din­ge hoor van die at­mos­feer by Glou­ces­ter.

“Ek hoop ek kan nu­we e­ner­gie na Glou­ces­ter bring en vir my gaan dit ook fan­tas­ties wees om weer met co­ach Ac­kers te werk.

“Hy is ’n rol­mo­del vir my en het ’n groot in­vloed in my le­we, op en van die veld af ge­had,” sê Mos­tert.

Die 27-ja­ri­ge D­rey­er, wat in vier toet­se vir die S­pring­bok­ke ge­speel het, ver­vang vir John A­foe in die Glou­ces­ter-groep. A­foe skuif na die klub B­ris­tol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.