Wal­la­bies pak Ier­land met vyf groen­tjies

Volksblad - - Sport -

Die Wal­la­by-af­rig­ter, Mi­cha­el C­hei­ka, het vyf nu­we­lin­ge in sy groep vir die toets­reeks teen Ier­land ge­kies, maar die Cru­sa­ders-los­voor­spe­ler Pe­te Sa­mu sal eers by die Ni­euSee­land­se rug­by­ba­se vry­stel­ling moet kry.

Met die voor­ma­li­ge kap­tein S­te­phen Moo­re wat uit­ge­tree het en Ta­ta­fu Po­lo­taNau wat ’n rus­kans kry, sal een van die nu­we­ling-ha­kers, Brandon Pa­en­ga-A­mo­sa of Fo­lau Fain­ga’a, die taak kry om Jor­dan Ue­le­se, wat nog net twee toet­se ge­speel het, se ad­ju­dant te wees.

Sa­mu, wat vir die Cru­sa­ders Su­per­rug­by speel en ’n kon­trak met Nieu-See­land Rug­by het, kan by die groep ge­voeg word as hy vry­ge­stel word, sê C­hei­ka.

“Dit is in an­der men­se se han­de en ek hoop ons kan reeds teen die ein­de van die week gro­ter dui­de­lik­heid kry.”

Ca­leb Ti­mu staan in Sa­mu se af­we­sig­heid voor om in sy toets­de­buut saam met Da­vid Po­cock en die kap­tein, Mi­cha­el Hooper, die los­trio te vorm.

Die flank Ned Ha­ni­gan is in­ge­sluit, maar hy sal min­stens die eer­ste toets met ’n knie­be­se­ring mis­loop.

Die be­lo­wen­de heel­ag­ter van die Brum­bies, Tom Banks, wat Sa­ter­dag ’n deur­slag­ge­wen­de so­lo­drie teen die Bul­le op Lof­tus Vers­feld ge­druk het, en die Re­bels se Jack Mad­docks tel on­der die groen­tjies in die ag­ter­lyn.

C­hei­ka se span het min­der as ’n week om vir die eer­ste toets teen die Ie­re – op 9 Ju­nie in B­ris­ba­ne – voor te be­rei ná die na­week se Su­per­rug­by-wed­stry­de.

Die All Blacks daar­en­teen, het die af­ge­lo­pe twee we­ke twee oe­fen­kam­pe ge­had met die oog op hul tuis­reeks teen Frank­ryk.

Ier­land, die Se­s­na­sies-kam­pi­oen wat on­oor­won­ne is in sy laas­te 12 toet­se, het in 1979 laas die Wal­la­bies daar ge­klop.

Die ag­ter­spe­ler Ree­ce Hod­ge sê Aus­tra­lië se ge­brek­ki­ge voor­be­rei­ding is g’n ver­sko­ning nie.

■ Die Wal­la­bies se groep is: Ag­ter­spe­lers: Tom Banks, Kurt­ley Be­a­le, Is­rael Fo­lau, Ber­nard Fo­ley, Will Ge­nia, Da­ne Hay­let­tPet­ty, Ree­ce Hod­ge, Sa­mu Ke­re­vi, Ma­ri­ka Koroi­be­te, Te­vi­ta Ku­ri­dra­ni, Jack Mad­docks, Se­fa­naia Nai­va­lu, Nick P­hipps, Joe Po­well, Cur­tis Ro­na, Voor­spe­lers: Al­lan Alaal­a­toa, Ro­ry Ar­nold, A­dam Co­le­man, Fo­lau Fain­ga’a, Ned Ha­ni­gan, Mi­cha­el Hooper (k), Se­ko­pe Ke­pu, Brandon Pa­en­ga-A­mo­sa, Da­vid Po­cock, Tom Ro­bert­son, Rob Sim­mons, S­cott Sio, I­zack Rod­da, Ca­leb Ti­mu, Luk­han Tui, Ta­nie­la Tu­pou, Jor­dan Ue­le­se.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die be­lo­wen­de heel­ag­ter van die Brum­bies Tom Banks is ook in Mi­cha­el C­hei­ka, na­si­o­na­le af­rig­ter van Aus­tra­lië, se Wal­la­by­groep in­ge­sluit vir ’n reeks teen Ier­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.