Praat­jies oor wen ta­boe in B­lit­se se kamp

Volksblad - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Om nou slegs op oor­win­nings te fo­kus, sal teen­pro­duk­tief wees – al is die B­lits­bok­ke steeds in staat om hul Wê­reld­reeks-ti­tel suk­ses­vol te ver­de­dig.

Dít is die re­frein waar­mee die B­lits­bok­ke-af­rig­ter, Neil Po­well, e­ni­ge vrae oor sy se­wes­span se twee ko­men­de toer­nooie, in Lon­den en Pa­rys, be­groet.

Die B­lit­se, wat die na­week in En­ge­land in ak­sie is, is vier pun­te ag­ter die reeks­voor­lo­per, Fidji.

Om Fidji in die pyl­vak ver­by te steek, sal hy dié span straks in ’n uit­klop­wed­stryd moet klop. Fidji het eg­ter sy laas­te klom­pie wed­stry­de teen Suid-A­fri­ka ge­wen en sal baie self­ver­troue daar­uit put.

Ge­volg­lik gee Po­well en sy me­de-be­stuurs­le­de nou meer aan­dag aan die spe­lers se gees­te­li­ke voor­be­rei­ding.

“Dit is baie be­lang­rik hoe ons die spe­lers siel­kun­dig in­ge­stel kry, ver­al om­dat ons in vo­ri­ge ja­re in die laas­te twee toer­nooie van die reeks ge­suk­kel het,” sê Po­well.

“Al wat ek in Lon­den en Pa­rys by die spe­lers soek, is e­ner­gie. Ons moet te­vre­de wees met die spe­lers se in­span­ning in el­ke wed­stryd. As hul­le al­les gee, sal die uit­slae vir hul­self sorg.”

Die B­lit­se sal in die groep­fa­se met Rus­land, Ka­na­da en Sa­moa moet af­re­ken voor­dat hul­le straks met Fidji, wat die laas­te drie toer­nooie op ’n streep ge­wen het, of Nieu-See­land, in die kwart­eind­ron­de sal bots.

Po­well wil eg­ter nie op die per­mu­ta­sies of die moont­lik­heid van ’n twee­de ag­ter­een­vol­gen­de ti­tel fo­kus nie.

“Ons kan vir se­ker nog die ti­tel wen! Ons fo­kus eg­ter nie daar­op nie,” ver­dui­de­lik Po­well. “Dit skep druk om met oor­win­nings be­hep te wees. Ons het dit by tye van­jaar ge­doen en in die pro­ses ons ge­not vir die spel iet­wat ver­loor.”

Dit is ver­al die in­slui­ting van die S­tor­mers-snel­ler Se­a­be­lo Se­nat­la wat Po­well vir die ko­men­de toer­nooie hoop sal gee.

“Se­a­be­lo se te­rug­keer is ’n lek­ker hup­stoot vir die span, maar ons het vir hom ge­sê ons het hom nie laat kom om die Wê­reld­reeks vir ons te wen nie. Hy is ’n wed­stryd­wen­ner en hy moet net speel soos wat hy nog al­tyd ge­speel het.”

Neil Po­well

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.