Van ’n nul by­na tot ’n bul

Jon­ge­ling laat No­vak erg sweet

Volksblad - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Ra­fa­el Na­dal het die 21-ja­ri­ge kwa­li­fi­seer­der Jaume Munar – ’n spe­ler by die klei­ko­ning se a­ka­de­mie in Mal­lor­ca – se wen­kans in die twee­de ron­de van die Fran­se Ope voor­af as “ba­sies nul” be­skryf.

“Jy moet aan­vaar dat die wed­stryd on­moont­lik sal wees om te wen,” het Na­dal vol­gens die Dai­ly Mail ge­sê.

Die re­de vir dié skep­ti­sis­me was dui­de­lik en in die kol: Munar se eer­ste wed­stryd was teen die 2016-kam­pi­oen No­vak D­jo­ko­vic, een van net twee mans wat Na­dal al op Ro­land Gar­ros se rooi klei kon klop.

Maar tot Munar se kre­diet het hy tog sy al­ler­bes­te ge­doen om sy held ver­keerd te be­wys.

D­jo­ko­vic moes gis­ter bit­ter hard werk om die S­pan­jaard met 7-6, 6-4, 6-3 te klop, en het ’n paar keer selfs han­de ge­klap vir die jon­ge­ling se houe en veg­gees.

Munar het Maan­dag in vyf stel­le met sy land­ge­noot Da­vid Fer­rer af­ge­re­ken en gis­ter ’n paar keer vir D­jo­ko­vic laat rond­hard­loop.

Maar hy is nog nie op die vlak van die su­per­ster­re nie. Was hy, sou hy D­jo­ko­vic straks laat be­taal het vir sy slor­dig­heid.

D­jo­ko­vic is be­slis nog nie weer die­self­de spe­ler as die on­stuit­ba­re een wat in 2016 die Mus­ke­tier­stro­fee ver­o­wer het nie. Hy het ’n ys­li­ke 33 on­ge­dwon­ge fou­te be­gaan teen­oor Munar se 23, en boon­op vyf dub­bel­fou­te ook. Maar hy het nog nie op­hou glo dat hy weer daar­die spe­ler kan word nie en daar­aan moet hy klou. Dit gaan waar­skyn­lik el­ke ons van sy self­ver­troue en veg­ters­in­stink verg om dit tot die toer­nooi se laas­te Son­dag te maak.

■ Veg­ters­in­stink en self­ver­troue was gis­ter twee van die hoof­be­stand­de­le in die re­sep wat die Frans­man Je­re­my C­har­dy ver­by die twee­de ron­de ge­help het.

In ’n ti­ta­nie­se ma­ra­thon­stryd moes C­har­dy bit­ter hard werk om die T­sjeg To­mas Ber­dych te klop. C­har­dy was met 7-6(7/5), 7-6(10/8), 1-6, 5-7, 6-2 baas teen die 17de ge­keur­de. Die Frans­man het al­bei die eer­ste stel­le Dins­dag in val­by­l­pot­te ge­wen, voor­dat die lig op 1-1 in die der­de stel te swak ge­raak het vir die wed­stryd om voort te gaan. C­har­dy het gis­ter op pa­pier die hef in die hand ge­had, maar sy greep het ver­swak toe hy al vyf die eer­ste pot­te ná die her­vat­ting ver­loor het. Toe die wed­stryd ’n vyf­de stel bin­ne­gaan, was die Fran­se ska­re merk­baar krie­wel­rig. Daar­na het die 31-ja­ri­ge Frans­man die ket­tings los­ge­breek en die wen­houe in­ge­ryg.

■ Die A­me­ri­ka­ner Ja­red Do­nald­son het die vier­de ge­keur­de G­ri­gor Di­mi­trov van Bul­ga­rye be­hoor­lik laat sweet. Die Bul­gaar het uit­ein­de­lik met 6-7(2/7), 6-4, 4-6, 6-4 en 10-8 ge­wen. Die twee­de ge­keur­de, A­lex­an­der Z­ver­ev van Duits­land, het ook vyf stel­le ge­sweet om Ser­wië se Du­san La­jo­vic met 2-6, 7-5, 4-6, 6-1 en 6-2 te klop.

Fo­to: GETTY IMAGES

No­vak D­jo­ko­vic span gis­ter al sy krag in ag­ter die ten­nis­bal in sy wed­stryd teen die S­pan­jaard Jaume Mun­car. D­jo­ko­vic moes hard spook om te wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.