K­rie­ket­ba­se gaan loot nie meer uit­knik­ker

Volksblad - - Sport -

Die loot gaan vir eers oor­leef in toets­krie­ket.

Die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad (IKR) het ná ’n twee­daag­se ver­ga­de­ring in Mum­bai, be­sluit om nie te tor­ring aan dié tra­di­sie in toets­krie­ket nie.

Die IKR het ook be­sluit om swaar­der straw­we in stel vir bal­peu­te­ry, ter­wyl skeids­reg­ters en wed­stryd­skeids­reg­ters meer mag ge­gee sal word om swak ge­drag deur spe­lers te ver­hoed.

Daar was ver­al steun uit Aus­tra­lië om weg te doen met die loot en die be­sluit aan be­soe­ken­de kap­teins oor te laat of hul­le eer­ste wil kolf of boul.

Die IKR se in­vloed­ry­ke K­rie­ket­ko­mi­tee het be­sluit die loot is ’n in­te­gra­le deel van die ver­haal van toets­krie­ket.

Die K­rie­ket­ko­mi­tee is by­ge­staan deur die voor­ma­li­ge En­gel­se kap­tein Mi­ke Gat­ting en die wed­stryd­skeids­reg­ter Da­vid Boon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.