Ha­lep oor­kom se­nu­wees

Volksblad - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Die wê­reld se voor­ste vrou­e­ten­nis­spe­ler, Si­mo­na Ha­lep, moes tot Dag 4 van die Fran­se Ope wag om uit­ein­de­lik die rooi klei te be­tree. En die wag was dui­de­lik nie goed vir haar se­nu­wees nie.

Ha­lep het haar Ro­land Gar­ros-veld­tog gis­ter be­gin deur haar eer­ste vyf pot­te te ver­loor – maar toe 14 van die vol­gen­de 17 te be­klink om in drie stel­le klaar te speel met die wê­reld se nr. 83, A­li­son Ris­ke.

Ha­lep, ’n twee­ma­li­ge naas­wen­ner in Pa­rys, en Ris­ke was 94 mi­nu­te op die baan voor­dat die Roe­meen die wen­hou ge­slaan het vir ’n se­ge met 2-6, 6-1, 6-1. Waar sy 16 on­ge­dwon­ge fou­te in die eer­ste stel be­gaan het, was daar net 12 in die laas­te twee waar­oor sy haar kop kon skud.

Die wen­houe wat van haar ra­ket ge­vloei het, het op­ge­skiet van vier in die eer­ste stel na ses in die twee­de en tien in die der­de.

Haar A­me­ri­kaan­se teen­stan­der het geen ant­woor­de ge­had toe sy in die ses­de pot be­gin moei­li­ke vrae vra het nie.

“Ek het sta­dig be­gin, want dis al­tyd moei­lik om dié toer­nooi te be­gin,” het Ha­lep vol­gens WTA Ten­nis ge­sê.

“Dis ’n ple­sier om hier te speel, so ek is al­tyd se­nu­wee­ag­tig aan die be­gin.

“Dis goed dat ek so sterk te­rug­ge­kom het. Ek het een­vou­dig nie ge­dink aan die uit­slag of die wed­stryd nie. Ek wou my arms laat ont­span, want hoe­wel ek goed be­weeg het, was my arms styf en kon ek nie die bal slaan soos ek wou nie. Toe ek dit eers reg­kry, was al­les baie mak­li­ker.”

Ha­lep en Ris­ke se wed­stryd was die laas­te van die eer­ste ron­de. Die Roe­meen kom vol­gen­de te staan teen nóg ’n A­me­ri­ka­ner, Tay­lor To­wn­send, ’n pro­mo­tors­keu­se.

In gis­ter se twee­der­on­de-ak­sie het die 28-ja­ri­ge T­sjeg Pe­tra K­vi­to­va ge­wys sy spel ge­vaar in dié toer­nooi toe sy die S­pan­jaard Lau­ra Ar­ru­a­bar­re­na met 6-0, 6-4 huis toe ge­stuur het.

K­vi­to­va, die agt­ste ge­keur­de, het in die eer­ste ron­de har­de be­ne ge­kou, maar was aan­sien­lik gif­ti­ger in die twee­de.

E­li­na S­vi­to­li­na (vier­de) se se­ge met 6-3, 6-4 oor Vik­to­ria Ku­z­mo­va was haar se­wen­de in ’n ry op dié op­per­vlak.

Fo­to: GETTY IMAGES

Si­mo­na Ha­lep bult al haar spie­re om die bal te­rug te stuur na A­li­son Ris­ke in hul wed­stryd gis­ter in die Fran­se Ope.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.