‘A­ka­ni, ver­geet van tye, wen is be­lang­rik’

Volksblad - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Die Suid-A­fri­kaan­se na­el­lo­per A­ka­ni Sim­bi­ne kan van­aand in Ro­me, I­ta­lië, die eer­ste keer van­jaar die 100 me­ter on­der 10 se­kon­des af­lê om sy aan­slag in die Di­a­mant­li­ga-reeks op die reg­te noot af te skop.

Dié Tuk­kie is in A­pril in Goud­kus, Aus­tra­lië, as die S­ta­te­bond-kam­pi­oen ge­kroon, maar hy kon nog nie van­jaar sy peil wat hy vroeg in 2017 be­leef het, e­we­naar nie.

Vol­gens Wer­ner Prins­loo, Sim­bi­ne se brei­er, is hul­le meer ge­fo­kus oor hoe­veel­ste Sim­bi­ne sal ein­dig as op tye.

“Ons is dié sei­soen nie ob­ses­sief oor spe­si­fie­ke tye nie. Wen is al wat saak maak,” het Prins­loo gis­ter ge­sê.

“Maar as ek kyk na wat hy van­dees­week in oe­fe­nin­ge ge­doen het, sal ek nie ver­baas wees as hy on­der 10 se­kon­des na­el nie. Dis ’n vin­ni­ge baan en Jus­tin Gat­lin het twee jaar ge­le­de daar 9.75 sek. ge­hard­loop.”

Sim­bi­ne se bes­te tyd van­jaar in die 100 m is 10.03 se­kon­des. Dit gee aan hom die 11de plek op die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se wê­reld­rang­lys.

Hy het ver­le­de jaar teen Mei reeds ses keer die 100 in min­der as 10 sek. af­ge­lê. Sy bes­te tyd van 9.92 sek. was die vier­de bes­te van die jaar.

Dit het la­ter voor­ge­kom as­of hy te vroeg uit­ge­brand het, met Sim­bi­ne wat in Au­gus­tus te­leur­stel­len­de ver­to­nings op die Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe in Lon­den ge­le­wer het.

Wan­neer hy in Ro­me in die blok­ke sak, sal die VSA-duo Ron­nie Ba­ker en Chris­ti­an Co­le­man be­oog om die Suid-A­fri­ka­ner se par­ty­tjie te be­derf.

■ Die wê­reld- en S­ta­te­bond­kam­pi­oen, Lu­vo Ma­nyon­ga, en Rus­wahl Sa­maai, sal poog om nog uit­ste­ken­de ver­to­nings in die ver­spring le­wer.

Ma­nyon­ga sal teen die e­nig­ste at­leet wat hom in die af­ge­lo­pe twee jaar kon klop, Ju­an Mi­guel E­che­v­ar­ria van Ku­ba, te staan kom, met A­me­ri­ka se Jeff Hen­der­son, wat in 2016 die O­lim­pie­se goue me­dal­je in die i­tem ver­o­wer het, wat ook Ma­nyon­ga se vonk sal wil blus.

Sa­maai, wat die brons­me­dal­je Doer On­der ge­wen het, het ’n ap­pel­tjie te skil met die Aus­stra­li­ër Hen­ry Fray­ne, wat die sil­wer­me­dal­je voor sy tuis­ska­re met 8.33 m ge­wen het.

A­ka­ni Sim­bi­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.