Koos Hu­man: ’n Ko­ning in A­fri­kaan­se uit­ge­wers­we­se

Volksblad - - Nuus -

’n Waag­moe­di­ge rig­ting­wy­ser met ’n uit­ste­ken­de snert-me­ter, ’n be­le­se mens en ’n bo­baas­sto­rie­ver­tel­ler.

Só ont­hou be­ken­des in boek­krin­ge die in­vloed­ry­ke uit­ge­wer Koos Hu­man, wat gis­ter in sy huis in Kaap­stad aan long­ont­ste­king dood is. Hy was 86.

Die skry­wer en dig­ter Wil­ma S­toc­ken­ström het kort en na­druk­lik ge­sê: “Koos Hu­man is on­ver­vang­baar.” Dit was haar e­nig­ste kom­men­taar.

“Die groot­ste ge­luk wat my ooit ge­tref het, was om vir Koos Hu­man te kon werk. Hy was ’n be­sie­len­de mens, wat die kuns ver­staan het hoe om na men­se te luis­ter,” het die skry­wer en af­ge­tre­de uit­ge­wer Ker­neels B­rey­ten­bach ge­sê.

“Hy kon beu­sel­ag­tig­he­de ver­my, hy had styl in al­les wat hy doen. Wyd be­le­se, gre­tig om nu­we din­ge te leer. Dit het neer­slag ge­vind in ’n uit­ge­wers­huis waar daar ’n al­les­oor­heer­sen­de lief­de was vir boe­ke – ver­al A­fri­kaan­se boe­ke. Hy het be­re­ken­de ri­si­ko’s ge­neem, en had ’n in­tu­ï­tie­we aan­voe­ling vir i­dees wat blits­ver­ko­pers kon word. Daar is baie prin­se in die uit­ge­wers­we­se, en min ko­nings. Koos Hu­man was laas­ge­noem­de,” het B­rey­ten­bach ge­sê.

Hy was ’n uit­son­der­li­ke in­tel­lek wat groot skry­wers soos Ka­rel S­choe­man en E­tien­ne Leroux kon in­skat en S­toc­ken­ström se be­son­der­se Die kre­me­tar­teks­pe­di­sie ge­pu­bli­seer het, meen die dig­ter en li­te­ra­tor Jo­an Ham­bid­ge.

Ver­der het hy jong dig­ters uit­ge­gee en kon hy kun­dig praat oor let­ter­ti­pes en pre­sies waar ’n dig­ter in­pas. “Hy het jong li­te­raHu­man

La­e­ti­tia Pop­le

to­re in die 1980’s ook aan­ge­vat oor los uit­spra­ke. Hy had ’n in­ge­bou­de snert-me­ter,” het Ham­bid­ge ge­sê.

Ton Vos­loo, voor­ma­li­ge voor­sit­ter van Nas­pers, sê Hu­man en Le­on Rous­seau het “in die laas­te eeu die toon­aan­ge­wend­ste uit­ge­we­ry op­ge­bou, van A­fri­kaan­se boe­ke wat ven­sters oop­ge­ruk het so­dat die vars lug die muw­we sen­suur­be­laai­de re­gi­me kon aan­pak”.

Hu­man het die uit­ge­wers­huis & Rous­seau (H&R) in 1959 saam met Le­on Rous­seau ge­stig, na­dat hy se­dert 1954 by die Na­si­o­na­le Boek­han­del naam ge­maak het as uit­ge­wer van al­ge­me­ne pu­bli­ka­sies. Na­dat H&R in 1977 aan Na­si­o­na­le Pers ver­koop is, het Hu­man aan­ge­bly as be­stu­ren­de di­rek­teur. Ná sy af­tre­de ein­de 1994 was hy ’n tyd lank die re­dak­teur van die me­nings­tyd­skrif In­sig.

Hu­man was ook be­kend as ’n mu­siek­lief­heb­ber en ken­ner van bal­let.

Hy is in 1959 ge­troud met Nak­kie, dog­ter van N.P. van Wyk Louw, en drie kin­ders is uit hul hu­we­lik ge­bo­re: Jo­an, Ma­ria en Ja­co­bus. Na­dat Nak­kie hom in 1984 ont­val het, is hy in 1986 ge­troud met T­re­w­hel­la Ca­me­ron.

Re­ë­lings vir ’n ge­denk­diens sal aan­ge­kon­dig word so­dra dit ge­fi­na­li­seer is.

Fo­to: TARYN CARR

Koos Hu­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.