Sie­mens se hos­pi­taal kry toe wel li­sen­sie

Volksblad - - Voorblad - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

’n Splin­ter­nu­we Ci­tyMed-dag­hos­pi­taal op die­self­de vlak in die­self­de gang van die P­rel­ler­plein-win­kel­sen­trum in Dan Pie­naar in Bloem­fon­tein is by­kans vol­tooi na­dat die li­sen­sie vir dié groot uit­brei­dings be­kom is.

So sê Koos Rau­ben­hei­mer, een van die groot aan­deel­hou­ers in die hos­pi­taal.

Hy sê die nu­we Ci­tyMed-hos­pi­taal – op die­self­de ter­rein en in die­self­de gang as die hui­di­ge lig­ging – waar­heen daar eers­daags ver­huis word, het nou vier te­a­ters, teen­oor twee voor­heen.

Rau­ben­hei­mer sê die Vry­staat­se ge­sond­heids­de­par­te­ment het reeds ’n eer­ste in­spek­sie by die nu­we hos­pi­taal uit­ge­voer en aan­be­ve­lings ge­doen oor aan­pas­sings wat ge­maak moes word, wat nou ge­doen word. “’n Paar taai in­spek­sies lê nog voor.” Vir Rau­ben­hei­mer is die dood van die ver­moor­de Lou­is Sie­mens (54), dié hos­pi­taal se voor­ma­li­ge be­stu­ren­de di­rek­teur, steeds ’n groot raai­sel.

Lui­dens die klag­staat teen Sie­mens se ver­meen­de moor­de­naars het die ver­moor­de se­dert 2015 mil­joe­ne ran­de se om­koop­geld be­taal om li­sen­sies vir die uit­brei­ding van die hos­pi­taal te be­kom.

Teen die tyd van sy moord van­jaar op 10 Mei in die kel­der­ver­die­ping van die P­rel­ler­plein-win­kel­sen­trum het Sie­mens reeds min­stens R5,6 mil­joen be­taal aan Ki­bi S­tan­ley Ba­ki­li (37), een van die moord­ver­dag­tes, be­weer die staat.

Ba­ki­li het al ’n paar keer in die hof vir ’n borg­to­gaan­soek ver­skyn en sal op 9 No­vem­ber weer ver­skyn. Hy is reeds op die dag van die moord in heg­te­nis ge­neem.

Saam met hom sal twee po­li­sie­be­amp­tes, konst. Ka­gis­ho Is­ha­el C­ha­ba­ne (39), ’n ho­for­don­nans in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein, en konst. Mo­le­bat­si John Mo­goe­ra (40) van die Bays­wa­ter-po­li­sie­kan­toor in die stad, wat op 3 Sep­tem­ber in heg­te­nis ge­neem is, ook moet ver­skyn.

In­tus­sen ver­skyn een van die ver­meen­de huur­moor­de­naars van­dag die eer­ste keer in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein na­dat hy Woens­dag­aand in heg­te­nis ge­neem is.

T­han­di M­bam­bo, po­li­sie­woord­voer­der, het gis­ter­aand ge­sê ’n twee­de ver­meen­de huur­moor­de­naar is nog nie deur die po­li­sie in heg­te­nis ge­neem nie.

Volks­blad ver­neem be­trou­baar die mo­tor wat die ver­meen­de moor­de­naars ge­huur het in die tyd van Sie­mens se moord, is twee aan­de voor sy dood in Heu­wel­sig ge­sien in die straat waar Sie­mens ge­bly het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.