NK-p­re­mier daag in Bark­ly-Wes op

Volksblad - - Nuus - C­har­né Kemp

Syl­via Lu­cas, Noord-Kaap­se p­re­mier, het gis­ter uit­ein­de­lik met die ge­meen­skap van Bark­ly-Wes oor die voort­sle­pen­de pro­ble­me in die Dik­gat­long-mu­ni­si­pa­li­teit vergader.

Dit volg op et­li­ke be­to­gings en op­tog­te oor swak diens­le­we­ring van­jaar en ’n hof­be­vel wat E­s­kom ver­bied het om die krag­toe­voer weens wan­be­ta­ling te on­der­breek.

Die p­re­mier is ook in die be­trok­ke hof­be­vel aan­ge­sê om ’n taak­span aan te stel wat ’n reg-ruk­plan vir die mu­ni­si­pa­li­teit in wer­king moet stel.

’n La­er­skool in De Beers­hoog­te is reeds drie keer van­jaar weens ri­ool­vuil­be­soe­de­ling op die skool­ter­rein ge­sluit.

Bent­ley Vass, LUR vir sa­me­wer­ken­de re­ge­ring, het die p­re­mier ver­ge­sel.

Die p­re­mier het ge­sê sy sal met al­le be­trok­ke­nes be­raad­slaag om die Dik­gat­long-mu­ni­si­pa­li­teit reg te ruk.

’n Voor­stel is aan die raad ge­doen om die fi­nan­si­ë­le hoof op ver­lof te plaas so­dat ’n on­der­soek­span in­ge­stuur kan word. Hul­le moet vas­stel of die fi­nan­si­ë­le hoof wel die reg­stel­len­de stap­pe ge­doen het in­ge­vol­ge die p­re­mier se regruk­plan.

Lu­cas, Vass en die ANC moet ook vas­stel of be­we­rings dat Doro­thy M­be­ze­ni, bur­ge­mees­ter, on­be­hoor­lik op­tree, waar is.

Die raad moet sy be­leid oor arm­las­ti­ges her­sien, die af­be­ta­lings­be­leid vir ar­mes aan­pas en met E­s­kom oor ag­ter­stal­li­ge skuld vergader. ’n Re­a­lis­tie­se te­rug­be­ta­lings­plan moet met E­s­kom on­der­han­del word.

Die de­par­te­ment van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring sal die ge­meen­skap ge­reeld oor die ont­wik­ke­ling­van nu­we woon­buur­te en groot­maat­diens­te in­lig­.

Die de­par­te­ment van on­der­wys be­kyk oplossings vir die ri­ool­pro­ble­me­by die skool.

Die pro­vin­si­a­le re­ge­ring sal die in­wer­king­stel­ling van aan­be­ve­lings in die regruk­plan ge­reeld na­gaan.

Fo­to: BOIPELO MERE

Ji­gaz Da­moen­se, ’n ge­meen­skaps­lei­er, praat met Syl­via Lu­cas, Noord-Kaap­se p­re­mier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.