Wer­kers keer raads­ver­ga­de­ring in Harts­wa­ter

Volksblad - - Nuus - C­har­né Kemp

Teen gis­ter­mid­dag laat het ’n be­plan­de raads­ver­ga­de­ring van die P­hokwa­ne-mu­ni­si­pa­li­teit in Harts­wa­ter in die Noord-Kaap steeds nie be­gin nie weens vre­se vir raads­le­de se vei­lig­heid en ska­de aan die bur­ger­sen­trum.

Dit spruit glo uit on­te­vre­den­heid van wer­kers oor die skor­sing van die mu­ni­si­pa­le be­stuur­der na­dat sy haar eie sa­la­ris met meer as R100 000 per jaar ver­hoog het.

Raads­le­de het teen 17:00 steeds voor die ge­slo­te deu­re van die raad­saal ge­staan na­dat die ver­ga­de­ring nie om 14:00 kon be­gin nie.

Dit volg op die skor­sing ver­le­de week van adv. T­si­di Mo­ga­le, mu­ni­si­pa­le be­stuur­der, om­dat sy na be­we­ring in Au­gus­tus van­jaar die be­taal­mees­ter, C­har­les Do­min­go, op­drag ge­gee het om haar ver­goe­dings­pak­ket van die mid­del­ste kerf na die boon­ste kerf te ver­hoog.

Haar sa­la­ris­pak­ket was

R1 053 519 per jaar, maar ná die ver­ho­ging was dit op die boon­ste kerf van R1 169 406 per jaar.

Mo­ga­le het ook op­drag ge­gee dat dié ver­ho­ging te­rug­wer­kend tot Ju­lie 2017 moet plaas­vind.

Be­to­gings het op haar skor­sing deur die raad op 30 Sep­tem­ber ge­volg.

S­tan Rud­man, DA-raads­lid, sê hy het daar­na ’n skry­we aan Sent­le Maria Kal­man, bur­ge­mees­ter, ge­rig om ’n raads­ver­ga­de­ring te hou, so­dat ’n waar­ne­men­de bur­ge­mees­ter aan­ge­wys kan word.

Kal­man het die spea­ker ver­soek om die ver­ga­de­ring vir gis­ter te be­lê.

“Nou blyk dit dat ’n k­lein groe­pie mu­ni­si­pa­le wer­kers teen haar skor­sing ge­kant is. Mis­kien het sy hul­le goeie sa­la­ris­pak­ket­te aan­ge­bied, maar daar is ook spra­ke van ANC-fak­sie­ge­veg­te.

“Die wer­kers het raads­le­de uit die ge­bou ge­sluit so­dat ons nie die ver­ga­de­ring kan hou nie.

“Die ge­meen­skap be­toog ook bui­te die ge­bou en eis dat die raad ’n waar­ne­men­de mu­ni­si­pa­le be­stuur­der aan­wys. Die twee groe­pe was die he­le mid­dag haaks.

“Ons staan al et­li­ke ure hier. Die op­po­si­sie en die mees­te van die ANC-raads­le­de wil die ver­ga­de­ring hou.

“Daar was op 30 Sep­tem­ber net een ANC-raads­lid wat bui­te stem­ming ge­bly het toe die mu­ni­si­pa­le be­stuur­der ge­skors is.

“Die bur­ge­mees­ter staan sterk teen die druk, waar­oor ek dank­baar is.

“Die po­li­sie wou die raad oor­tuig om die ver­ga­de­ring uit te stel. Hul­le vrees ge­weld en ska­de aan die mu­ni­si­pa­le ge­boue.”

As die raad toe­gee, sal dit vir die wer­kers ’n oor­win­ning wees. “Die stert kan nie die hond swaai nie.”

S­ha­drack Tl­ha­o­le, pro­vin­si­a­le voor­sit­ter van die EFF, het Woens­dag be­weer die raads­ver­ga­de­ring word moont­lik ver­hin­der om­dat twee ANC-fak­sies haaks oor ten­ders is.

“Dit kom voor as­of die ANC tot nou baat ge­vind het by ten­ders, maar met die skor­sing van die mu­ni­si­pa­le be­stuur­der het die kraan­tjie op­ge­droog.

“Die bur­ge­mees­ter ver­keer on­der groot druk om die mu­ni­si­pa­le be­stuur­der se skor­sing om te keer.”

Fo­to: VER­SKAF

Men­se staan bui­te die bur­ger­sen­trum in Harts­wa­ter in af­wag­ting op die raads­ver­ga­de­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.