Vry­staat, N-Kaap ge­reed vir eind­ek­sa­men

Volksblad - - Nuus - Chris­ti­aan Cloe­te en Kay­de­ne Da­vids

Aan die voor­aand van die ma­triek-eind­ek­sa­men wat Maan­dag be­gin, het die Vry­staat­se on­der­wys­de­par­te­ment die wens uit­ge­spreek dat dié pro­vin­sie weer die eer­ste p­lek in die land gaan in­neem wat sy ma­triek­slaag­sy­fer be­tref.

En die Noord-Kaap­se LUR vir on­der­wys het dié pro­vin­sie se ma­tri­ku­lan­te uit­ge­daag om hul kant te bring om ’n 100%-slaag­sy­fer te ver­se­ker.

In­tus­sen gaan die Vry­staat­se p­re­mier en ver­skeie ma­trieks in die pro­vin­sie van­dag ’n eed af­lê om hul­self tot ’n e­tie­se eind­ek­sa­men te ver­bind.

Meer as 2 000 leer­lin­ge sal van­og­gend by die Man­gaung-bui­te­lug­sen­trum by­een­kom om saam met Si­si N­tom­be­la, p­re­mier van die Vry­staat, ’n on­der­ne­ming te on­der­te­ken om niks on­wet­tigs ty­dens die eksamen te doen nie.

Al­te­saam 37 340 ma­trieks van oor die land heen be­gin die eksamen Maan­dag met re­ke­naar­toe­pas­sings­teg­no­lo­gie.

Meer as 796 000 ma­trieks sal die eind­ek­sa­men in 6 888 ek­sa­men­lo­ka­le in die land af­lê.

Hier­van is al­te­saam 629 141 heel­tyd­se leer­lin­ge en 167 401 deel­tyds.

Die eksamen ein­dig op 28 No­vem­ber met ’n vra­e­stel oor land­bou­be­stuurs­prak­tyk.

Vol­gens Ho­ward N­da­ba, woord­voer­der van die Vry­staat­se on­der­wys­de­par­te­ment, is al­les ge­reed om te ver­se­ker dat die 30 000 Vry­staat­se ma­trieks geen pro­ble­me on­der­vind nie.

Hy sê die de­par­te­ment mik weer vir ’n 90%-slaag­sy­fer en ’n 40%-u­ni­ver­si­teits­toe­la­ting.

“Ons glo dít is bin­ne ons be­reik en dat ons, soos vo­ri­ge ja­re, weer as nom­mer een in die land sal ein­dig.”

Die Noord-Kaap­se LUR vir on­der­wys,­ Mar­tha Bart­lett, het op ’n nuus­kon­fe­ren­sie in Kim­ber­ley­ge­sê sy is vol hoop dat die pro­vin­sie van­jaar ’n 100%-slaag­sy­fer in die Na­si­o­na­le Se­ni­or Ser­ti­fi­kaat-eksamen kan be­haal.

Vol­gens Bart­lett sal dit van van­jaar se ma­tri­ku­lan­te af­hang of hier­die pres­ta­sie be­haal kan word.

Sy sê haar de­par­te­ment het van­jaar ver­skeie in­gry­pings­maat­re­ëls ge­tref om 2017 se slaag­sy­fer van 75,6% te pro­beer ver­be­ter.

Dit sluit in be­soe­ke aan sko­le oor die pro­vin­sie heen, spe­si­a­le on­der­wys­kli­nie­ke, wis­kun­de- en we­ten­skap-werk­ses­sies en on­der­steu­ning aan on­der­pres­te­ren­de sko­le.

Al­te­saam 14 263 kan­di­da­te in die pro­vin­sie sal die ek­sa­mens af­lê.

Al die kan­di­da­te wat van­jaar hul Na­si­o­na­le Se­ni­or Ser­ti­fi­kaat-ek­sa­mens skryf, sal op 23 Ok­to­ber na die 143 ek­sa­men­lo­ka­le oor die pro­vin­sie heen stroom om hul vra­e­stel­le in Engels (huis­taal) en Afrikaans (eer­ste by­ko­men­de taal) te gaan skryf.

Vol­gens Bart­lett is daar ’n toe­na­me van 1 679 kan­di­da­te wat die Na­si­o­na­le Se­ni­or Ser­ti­fi­kaat­ek­sa­men in die Noord-Kaap skryf, ver­ge­le­ke met die 10 519 kan­di­da­te wat ver­le­de jaar die eksamen af­ge­lê het.

On­der die 12 198 heel­tyd­se kan­di­da­te wat van­jaar die eksamen sal af­lê, is 2 643 leer­lin­ge wat deur­ge­sit is.

Vol­gens Bart­lett sal al­te­saam 143 toe­sig­hou­ers by ek­sa­men­lo­ka­le oor die pro­vin­sie heen op­tree.

Sy het ge­waar­sku dat on­re­ël­ma­tig­he­de of kul­le­ry nie ge­duld sal word nie.

Na­sie­ners sal op 1 De­sem­ber be­gin merk en sal teen 15 De­sem­ber klaar wees.

Na­sien­sen­trums sal op 15 De­sem­ber sluit en die fi­na­le uit­slae sal op 17 De­sem­ber aan die de­par­te­ment ge­stuur word.

Die uit­slae sal op 3 Ja­nu­a­rie 2019 aan sko­le be­kend ge­maak word.

Die mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys sal die uit­slae op 3 Ja-nu­a­rie om 18:00 be­kend maak.

Ho­ward N­da­ba

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.