Oom Jo­han en die 3de toets op Boet Eras­mus

Volksblad - - Kommentaar - Dana Sny­man

An­der­dag swerf ek in die Ka­la­ha­ri se om­tes rond, en won­der: Hoe­kom nie? Ek bel ’n bie­tjie rond en kry oom Jo­han de Bruyn se nom­mer. Bel hom.

“Kom kui­er ge­rus, ou maat,” sê hy, en be­duie my die pad na sy plaas na­by Rei­vi­lo. “As jy ver­dwaal,” voeg hy by, “vra maar net waar bly die man met die een oog.”

Die vol­gen­de og­gend, iet­sie ná tien, sit ek by oom Jo­han on­der die bo­me in sy tuin. Dis te warm in die huis. Dis har­de wê­reld dié. Nes oom Jo­han. Bees­boer. Ge­we­se S­pring­bok-slot. Nét sul­ke han­de.

Ek het groot­ge­word met die sto­rie van hoe hy glo des­tyds sy glas­oog in ’n toets­wed­stryd ver­loor het.

Eers ge­sels ons droog­te en po­li­tiek. Toe kom ons by be­lang­ri­ke sa­ke. Rug­by. Hy het hier van Rei­vi­lo af S­pring­bok ge­word. Die oog het hy as kind ver­loor.

“Ek was in sub B toe gooi ’n ou­tjie my met ’n kwe­per. Som­mer vir die aar­dig­heid. Toe het ek die oog maar ver­loor.” Die lin­ker­oog.

Die sto­rie is waar.

Hy het die glas­oog in

1974 teen die B­rit­se

Leeus ver­loor. In die

Boet Eras­mus-sta­di­on in Port E­li­za­beth. Der­de toets.

“Dit was ’n row­we toets ge­wees daai.

Hier in die mid­del rond toe têk­kel ek ’n ou en die oog val uit.

Dit was se­ker maar die ruk ge­wees.” Hy vryf oor die dooie oog.

“Nou kan ek mos nie aan speel nie. Nou soek ons eers die oog daar. Die Leeus soek saam. Soek, soek, soek ons nou daar op die veld.”

Toe tel Gor­don Bro­wn, die een B­rit­se Leeusslot, die oog op.

“Gor­don bring die oog vir my, en sê: ‘Is t­his yours?’ Ek sê vir hom: ‘Ag, f*k jou, man.’ ”

Oom Jo­han lag. “Jy wil mos nou nie met ’n En­gels­man praat nie, man. Maar ek vat toe die oog. Ek vryf die gras so met die vin­gers van hom af en sit hom weer in.”

Oom Jo­han bly ’n ruk stil.

“En toe, ’n paar jaar ge­le­de, kry Gor­don mos kan­ker. Erns­tig. Op ’n dag bel hier ie­mand uit En­ge­land. Gor­don vra glo na my. Hy wil my sien. Toe is ek hier oor na die En­gel­se toe met die vlieg­tuig.

“Voor ek weg is, toe skiet ’n ou vir my ’n mooi S­pring­bok­ram en hy mon­teer die kop op ’n mooi stuk hout, saam met die oog – daar­die ein­ste Port E­li­za­beth-oog.

“Met ’n plaat­jie daar­by waar­op staan: ‘To Gor­don Bro­wn from Jo­han de Bruyn.’ Toe vat ek dit vir ou Gor­don saam.

“Hy was so toe al sleg siek. Hy was so dank­baar toe ek dit vir hom gee. Ons was so bly om me­kaar weer te sien.” Weer ’n stil­te. “Ek was nog daar in En­ge­land toe is ou Gor­don dood.”

Toe vryf en vryf oom Jo­han weer met ’n breë vin­ger oor die dooie oog.

“Hier­die oog van my raak mos som­mer so aan die traan.”

Oom Jo­han ver­jaar van­dag. Hy word 70. Baie ge­luk, Oom. Hoop dit re­ën mooi van­jaar daar by Oom-hul­le in die Ka­la­ha­ri.

‘‘ Dit was ’n row­we toets daai. Hier in die mid­del rond toe têk­kel ek mos ’n ou – en die oog val uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.