‘Ek het my oë ge­sluit, ge­bid’ – C­heslin

Volksblad - - Kontrei - Jana B­rey­ten­bach

“Ek het my oë toe­ge­maak en ge­bid. Hier­na kan ek niks ont­hou nie,” het C­heslin Marsh, Han­nah Cor­ne­li­us se vriend, gis­ter oor sy trau­ma­tie­se er­va­ring van die aan­val op hom in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­tuig.

Die mans wat hom en Cor­ne-li­us ont­voer het, het hom op die grond laat lê en sy kop op ’n bak­steen ge­plaas. Hy het ge­sien twee van die ont­voer­ders het hal­we bak­ste­ne in die hand.

Marsh het gis­ter tel­ke­ma­le in die hof be­gin huil.

Sy ma, Ma­ri­lyn, was by om hom te on­der­steun. In ’n sta-di­um toe die hof ver­daag, het sy haar seun om­hels. Sy het hom lank styf vas­ge­hou en sy tra­ne van sy ge­sig af­ge­vee.

Ver­non Wit­booi, Ge­ral­do Par­sons en E­ben van Niekerk staan te­reg op tien aan­klag­te. Hul­le het skuld ont­ken op vier aan­klag­te van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de, drie aan­klag­te van men­se­roof, een aan­klag van po­ging tot moord, een van ver­krag­ting en een van moord. Die vier­de be­skul­dig­de, Nash­vil­le Ju­li­us, staan te­reg op twee aan­klag­te van men­se­roof en twee aan­klag­te van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de. Hy het ook skuld op al die aan­klag­te teen hom ont­ken.

Marsh het ge­tuig na­dat drie ge­wa­pen­de mans hul­le ont­voer het, is hy ag­ter in die kat­te­bak van Cor­ne­li­us se blou VW Ci­ti Golf ge­druk. Die ont­voer­ders het ’n paar draaie met hul­le ge­ry. Cor­ne­li­us was voor in die mo­tor langs die ont­voer­ders.

Marsh het ge­tuig na­dat hy sy be­wus­syn ver­loor het, het hy die vol­gen­de dag, toe dit al lig was, sy be­wus­syn her­win.

“Ek het o­ral baie pyn ge­had, en ek het pro­beer vas­stel waar ek was,” het hy ge­tuig. Hy het gaan hulp soek en is la­ter hos­pi­taal toe ge­neem. Be­ne­wens die kop­be­se­rings en ’n ge­breek­te arm het Marsh die ge­hoor in sy lin­ker­oor ver­loor.

Hy het Wit­booi en Par­sons in die hof uit­ge­ken as die mans wat met bak­ste­ne by hom ge­staan het.

Re­ser­vis-konst. An­di­le Jon­gi­la­ni en konst. Bu­le­la­ni Si­ko was op die to­neel waar Cor­ne­li­us se lyk ge­vind is.

Jon­gi­la­ni het ge­tuig toe hy Cor­ne­li­us se ge­sig sien, was daar bloed wat by haar mond en oë uit­ge­kom het. Haar broek was ook half­pad teen haar be­ne af­ge­trek en sy het op haar maag ge­lê.

Haar lyk was reeds met ’n hos­pi­taal­kom­bers be­dek. Al wat hy na­by haar lyk ge­sien het, was ’n groot klip, maar hy het nie ge­dink dit was deel van die voor­val nie om­dat daar nie bloed aan die klip was nie.

Si­ko is een van die be­amp­tes wat eer­ste op die to­neel was. Hy het ge­tuig hoe hy die lyk ge­vind het en wat­ter an­der i­tems – ’n haar­band en oor­bel – hy na­by haar lyk ge­vind het.

Hy het ook spo­re van mo­tor­ban­de uit­ge­ken wat la­ter af­ge­neem is. Si­ko het ook ge­tuig van die jaag­tog waar­in hy be­trok­ke was toe die blou Golf ge­waar is en hoe hy die ver­dag­tes teen 160 km/h ge­jaag het.

Hy het la­ter vir Wit­booi in heg­te­nis ge­neem toe die Golf by die Dwars-in-die-Weg-plaas tot stil­stand ge­kom het en hy Wit­booi te voet ag­ter­na­ge­sit het.

Die ver­hoor gaan Maan­dag voort.

Fo­to: ADRIAN DE KOCK

Ma­ri­lyn Marsh troos haar seun, C­heslin, toe die hof vir ’n kort tyd­jie ver­daag het om­dat C­heslin baie e­mo­si­o­neel ge­raak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.