Boer sterf na­dat hy ta­ren­taal tref

Seun jaag ver­geefs met hom

Volksblad - - Voorblad - C­heré­ne Pie­naar

’n Be­ken­de boer en sa­ke­man van Red­ders­burg het en­ke­le ure na­dat ’n ta­ren­taal voor sy mo­tor­fiets in­ge­vlieg het, aan sy be­se­rings be­swyk.

F­lip Ven­ter (60), ei­e­naar van die Bul­berg-slag­te­ry in die dorp, het Dins­dag om­streeks 06:30 so­wat 300 m van sy plaas­hek be­heer oor sy mo­tor­fiets ver­loor toe ’n ta­ren­taal voor hom in­vlieg, sê An­ne­ma­rie Lie­ben­berg, sy sus­ter wat in Bloem­fon­tein woon.

“Die on­ver­wags­heid daar­van is ver­skrik­lik.”

Dit moes ’n groot slag ge­wees het toe haar broer die ys­ter­paal so hard tref dat dit uit die grond ge­ruk is, sê sy. “Hy is nie op slag dood nie. Hy kon nog met sy seun praat.”

Jo­han Ven­ter (34), sy seun wat ook by die slag­huis werk, is ’n pa­ra­me­di­kus en was vin­nig op die to­neel na­dat ’n ken­nis wat op pad Bloem­fon­tein toe was, hom ge­bel het.

“Sy het ge­sê daar lê ’n rooi mo­tor­fiets langs die pad,” sê An­ne­ma­rie.

Hy het met sy pa na die Li­fe Ro­se­park-hos­pi­taal in Bloem­fon­tein ge­jaag.

“Dit was so on­werk­lik. Jy ver­wag die dok­ter gaan in­kom en sê hy is ver­lam, of wat ook al, maar hy het in­ge­kom en ge­sê ‘jam­mer, hy het te seer­ge­kry’.”

Jo­han sê sy pa was ’n uit­ste­ken­de mens.

“Hy was ’n ge­lief­de ou; op die man af, jy het al­tyd ge­weet waar jy met hom staan.

“Hy het al­tyd tyd vir jou ge­had.”

Hy was ge­skei en word oor­leef deur sy pa, Klaas (89), sy ma, Ma­rie (80), en drie seuns, Jo­han, Ru­an (29), ’n on­der­wy­ser in U­ping­ton, en Er­no (27), wat in A­me­ri­ka bly.

Ven­ter is die oom van Ti­aan­(36) en Her­cú Lie­ben­berg (32), An­ne­ma­rie se seuns wat on­der­skei­de­lik vir die S­pring­bok­ke en die C­hee­tahs uit­ge­draf het.

Die rou­diens is mô­re om 11:00 in die NG kerk Red­ders­burg.

Fo­to: FA­CE­BOOK

F­lip Ven­ter het ’n ys­ter­paal 300 m van sy plaas­hek ge­tref toe ’n ta­ren­taal Dins­dag­og­gend voor hom op sy mo­tor­fiets in­ge­vlieg het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.