Jeug­skou-pres­ta­sies

Volksblad - - Kontrei -

Leer­lin­ge (bo) aan die Ho­ër­skool Kroon­stad het goed pres­teer op die na­si­o­na­le jeug­skou wat in Ge­or­ge ge­hou is. In die se­ni­or groep­klas vir vleis­bees­te het Jo­han Vi­sa­gie (links), Con­raad Rossouw en Ar­no Swart die eer­ste p­lek be­haal (ook eer­ste skou­man­skap). In die af­de­ling vir var­ke (se­ni­or) was Ti­aan van der Walt al­ge­heel twee­de (ook twee­de skou­man­skap) en Ja­co Hanc­ke ses­de. El­may Klop­per was al­ge­heel twee­de (der­de vir skou­man­skap) in die se­ni­or per­de-af­de­ling. In die ju­ni­or per­de­af­de­ling was Ila­ni Klop­per vier­de (ook vier­de vir skou­man­skap).

Links: Al­te­saam 391 deel­ne­mers van tien pro­vin­sies het hul staal op die na­si­o­na­le jeug­skou in Ge­or­ge ge­toon. Die span van die Vry­staat was al­ge­heel vyf­de. In die af­de­ling vir sier­dui­we (se­ni­or) het JuMa­rie S­wa­ne­poel van die Ho­ër­skool Kroon­stad die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar al­ge­heel eer­ste ge­ëin­dig. Sy het ook ’n eer­ste p­lek vir skou­man­skap be­haal en was die e­nig­ste deel­ne­mer aan die jeug­skou wat 100% be­haal het. Le­an­ne Marais was al­ge­heel twee­de (ook twee­de skou­man­skap) in die se­ni­or af­de­ling vir ko­ny­ne.

Fo­to’s: VER­SKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.