S­kie­ter bieg dalk

P­rel­ler-be­skul­dig­de se le­we glo be­dreig

Volksblad - - Voorblad - Mi­ke van Rooyen en Al­za­ne Nar­rain

Die jong­ste be­skul­dig­de in die op­spraak­wek­ken­de moord op Lou­is Sie­mens (54), die voor­ma­li­ge be­stu­ren­de di­rek­teur van die Ci­tyMed-dag­hos­pi­taal in die P­rel­ler­plein-sen­trum in Bloem­fon­tein, gaan dalk skuld be­ken en ver­keer in le­wens­ge­vaar.

Die land­dros­hof in Bloem­fon­tein het gis­ter be­veel geen foto’s mag van Xo­li­si­le M­be­be­to (38), van Port E­li­za­beth, ver­sprei word nie en die plek waar hy aan­ge­hou word moet ge­heim bly. Hy kan an­der mense by die moord be­trek en daar word vir sy vei­lig­heid ge­vrees.

M­be­be­to het ’n vol­le­di­ge be­ken­te­nis voor ’n land­dros in die hof in Bloem­fon­tein af­ge­lê.

Hy het ook Don­der­dag uit­wy­sings op die moord­to­neel in die kel­der­ver­die­ping van die P­rel­ler­plein-win­kel­sen­trum ge­doen.

Hy was glo een van die “twee huur­moor­de­naars” wat die snel­ler ge­trek het toe Sie­mens op 10 Mei in die kel­der­ver­die­ping dood­ge­skiet is.

Die an­der een is nog nie vas­ge­trek nie.

M­be­be­to, wat ook as Botha be­kend staan, het gis­ter op kruk­ke in die land­dros­hof voor land­dros Vuy­el­wa Ma­ham­ba ver­skyn met sy lin­ker­been wat in ys­ters ge­skroef is na­dat staal­pen­ne in sy en­kel ge­sit is.

Johan de V­ries het na­mens die staat ge­vra vir ’n be­vel dat M­be­be­to, wat Woens­dag in die Sil­ver Ci­ty-hos­tel in P­ha­ha­meng in heg­te­nis ge­neem is, se foto geen­sins ver­sprei mag word nie en dat die plek waar hy aan­ge­hou word, ook nie be­kend ge­maak word nie. Die aan­soek is toe­ge­staan.

Hy sê daar word vir M­be­be­to se vei­lig­heid ge­vrees. “An­der mense kan deur hom by die moord be­trek word. Die v­rees be­staan dat hy leed aan­ge­doen kan word.”

Pe­ne­lo­pe N­jokwa­na, wat na­mens M­be­be­to op­ge­tree het, sê haar kli­ënt het vier vo­ri­ge ver­oor­de­lings vir win­kel­dief­stal tus­sen 1998 en 2004.

Be­ne­wens die moord het hy geen an­der sa­ke han­gen­de teen hom nie.

Vir een saak van win­kel­dief­stal het hy ’n op­ge­skor­te von­nis ge­kry. Die an­der kan hy nie onthou nie, want hy was in die hos­pi­taal.

M­be­be­to, met ’n kaal­ge­skeer­de kop en in ’n lig­blou baad­jie en ’n kort­broek, het oog­lo­pend baie pyn ver­duur toe hy die trap­pies van die sel­le na die be­skul­dig­de­bank ge­klim het. Sy ge­sig het tel­kens van pyn ver­trek.

Hy is so­wat vier maan­de ge­le­de in Kim­ber­ley raak­ge­ry. Die mo­tor wat hom ge­tref het waar hy langs ’n an­der mo­tor ge­staan het, het weg­ge­jaag.

Voor­dat die hof­sit­ting gis­ter be­gin het, is dit in die hof ge­noem dat M­be­be­to se ver­hoor ge­skei kan word van dié van sy me­de­be­skul­dig­des, S­tan­ley Ba­ki­li (37), konst. Ka­gis­ho Is­ha­el C­ha­ba­ne (39), ’n ho­for­don­nans in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein, en konst. Mo­le­bat­si John Mo­goe­ra (40) van die Bays­wa­ter-po­li­sie­kan­toor – sou hy skuld be­ken op die aan­klag­te teen hom.

M­be­be­to se ver­hoor is tot 9 No­vem­ber uit­ge­stel, wan­neer hy saam met Ba­ki­li, wat as “die man met die geld” be­kend staan, en die twee po­li­sie­man­ne sal ver­skyn.

Die mans wil dan om borg­tog aan­soek doen.

Lou­is Sie­mens

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.