Jip­pieee! Klaar met skool!

Volksblad - - Voorblad - C­heré­ne Pie­naar

B­lyd­skap en tra­ne was gis­ter aan die or­de van die dag toe ma­trieks by van die Vrystaat se sko­le hul laaste skool­dag ge­vier het. Sko­le het oor die pro­vin­sie heen by­een­koms­te ge­hou om die ma­trieks vaar­wel toe te roep. Van links is An­sa Fou­rie, Me­gan Bai­ley, Su­me Wil­le, Ma­ry­ke Prins­loo en I­zané Louw, ma­trieks van die Eu­ni­ce High S­chool in Bloem­fon­tein. ’n Ge­beds­diens vir ma­triek­leer­lin­ge word mô­re deur Ta­te Mak­goe, LUR vir on­der­wys in die Vrystaat, by die Gospel Wor­kers Mi­ni stry in Hei­de­dal ge­lei. Die ma­trieks se eind­ek­sa­men be­gin Maan­dag met re­ke­naar­toe­pas­sings teg­no­lo­gie.

“Ti­me flies by in the y­el­low and g­reen.”

Anél K­lein­geld, Volks­blad en die U­ni­ver­si­teit van die Vrystaat (UV) se Ma­tri­ku­lant van die Jaar, het gis­ter, op haar laaste skool­dag, Ge­or­ge E­zra se li­rie­ke in haar toe­spraak in­ge­weef om tot­siens te sê.

Ma­trieks het land­wyd hul laaste skool­dag ge­vier voor­dat die eind­ek­sa­men Maan­dag aan­breek.

Die Eu­ni­ce High S­chool in Bloem­fon­tein het ’n spe­si­a­le pleg­tig­heid ge­hou om af­skeid van die ma­trieks te neem.

Anél, hoof­mei­sie van dié skool, het met haar toe­spraak die lied­jie “S­hot­gun” stuk-stuk ge­speel en met haar eie woor­de aan­ge­vul.

“Op my eer­ste dag het ek met die ver­keer­de skoe­ne Eu­ni­ce toe ge­kom. Ek het goeie re­de ge­had; by my vo­ri­ge skool (Tromps­burg P­ri­mê­re Skool) het ek géén skoe­ne ge­dra nie.”

Sy het met heim­wee ver­wys na haar en haar maats se tyd by Eu­ni­ce Hou­se, die skool se kos­huis.

“Dit is die plek waar die mees­te grond­boon­tjie­bot­ter in ’n week kan ver­dwyn. En waar jy die reg­te waar­de van daar­die laaste toi­let­rol be­gryp as daar nog twéé weke voor die ein­de van die maand oor is.

“Ons het selfs met ons ma­tras­se by die gan­ge pro­beer af­gly, soos in die flieks! Dit was he­laas nie so won­der­lik nie.”

Die ver­ras­sings met saal­pe­ri­o­des sal haar al­tyd by­bly.

“Die mu­siek, die dans... soms was daar die be­derf van ’n s­ter en soms het die hoof uit ’n vlieg­tuig ge­spring!”

Om die see van groen ty­dens daar­die pe­ri­o­des te sien sal eg­ter vir al­tyd een van haar guns­te­ling­her­in­ne­rin­ge bly.

Anél het ge­sê sy is hartseer om die skool te groet, maar ook op­ge­won­de oor die pad vo­ren­toe.

Sy gaan vol­gen­de jaar me­dies aan die UV stu­deer.

“Daar is nog ’n groot berg om oor te kom.”

Oor die eind­ek­sa­men wat oor­mô­re be­gin, sê sy sy voel “am­per ge­reed”.

“Ons het da­rem nog ’n week om voor te be­rei en ons sal daar uit­kom.”

Sy het ter af­slui­ting van haar toe­spraak vir Runé E­de­ling, die nu­we hoof­mei­sie, sterk­te toe­ge­wens. “Onthou om net jou­self te wees en die le­we sal jou daar­voor be­loon.”

“T­he­re’s a moun­taintop that I’m dre­a­ming of . . .” het E­zra se stem oor die luid­spre­ker weer­galm toe Anél e­mo­si­o­neel die mi­kro­foon aan Tu­a­net­te Jan­se van Rens­burg, die on­der­hoof­mei­sie, oor­han­dig het.

Foto: MLUN­GI­SI LOUW

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.