EFF het geen plan­ne om Floyd te pos

Volksblad - - Nuus -

Ter­wyl al hoe meer stof om Floyd S­hi­vam­bu, EFF-ad­jun­klei­er, op­ge­skop word oor die VBS Mu­tu­al Bank-skan­daal, sê dié par­ty hy sal be­slis nie ge­skors word nie.

S­hi­vam­bu se naam het van­dees­week op­ge­duik in ’n ver­doe­men­de ver­slag oor VBS wat daar­op dui dat so­wat R1,9 mil­jard van dié bank ge­plun­der is. VBS is vroe­ër van­jaar on­der ku­ra­te­le ge­stel.

S­hi­vam­bu se jon­ger broer, B­ri­an, het lui­dens die ver­slag R16 mil­joen van die VBS ont­vang, waar­van R10 mil­joen na be­we­ring na Floyd is.

Mail & Gu­ar­di­an het gis­ter be­rig oor skerm­gre­pe van teks­bood­skap­pe wat glo tus­sen Floyd en ’n sa­ke­man met twy­fel­ag­ti­ge ban­de met die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie (OBK) ge­stuur is, wat glo dui op ’n reg­streek­se ver­bin­te­nis tus­sen Floyd en B­ri­an S­hi­vam­bu se sa­ke-on­der­ne­ming.

Na wat be­rig word, gee Floyd in dié boodskappe die bank­re­ke­ning­nom­mer van B­ri­an se sa­ke­on­der­ne­ming aan La­wren­ce Mu­lau­d­zi, ’n sa­ke­man wat glo ’n “om­stre­de be­guns­tig­de” van die OBK is.

Dié re­ke­ning­nom­mer is lui­dens die be­rig in die naam van Grand A­za­nia ge­re­gis­treer, wat

P­hil­da Es­sop

Ons sal dit nie doen nie. Jy kan daar­van ver­geet.

in die ver­slag ver­bind word met ver­dag­te be­ta­lings van VBS. Grand A­za­nia, ’n wyn­ver­sprei­dings­maat­skap­py, be­hoort aan B­ri­an S­hi­vam­bu.

Adv. Ter­ry Mo­tau SC, wat deur die Re­ser­we­bank se om­sig­tig­heids­o­wer­heid aan­ge­stel is om VBS fo­ren­sies te on­der­soek, het in sy ver­slag “The G­re­at Bank Heist” aan­be­veel dat straf­reg­te­li­ke aan­klag­te teen meer as 50 mense aan­han­gig ge­maak word.

On­der die­ge­ne wat in die ver­slag im­pli­seer word, tel Flo­ren­ce Rad­zi­la­ni (on­der­voor­sit­ter van die ANC in Lim­po­po en bur­ge­mees­ter van die V­hem­be-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit), Dan­ny M­si­za (ANC-te­sou­rier in Lim­po­po), die Vry­staat­se Ont­wik­ke­lings­trust, To­ni Mp­hep­hu Ra­ma­bu­la­na (die V­hem­be-ko­ning), as­ook B­ri­an S­hi­vam­bu.

Die EFF het dit gis­ter on­om­won­de ge­stel dat daar geen plan­ne is om S­hi­vam­bu te skors nie.

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, het dié stand­punt dui­de­lik op T­wit­ter ge­stel in ant­woord op ’n T­wit­ter-pla­sing van IG ri­chpop­lak: “Twee dae na­dat die skan­daal ge­breek het, het @EFFSouth A­fri­ca Floyd ge­skors han­gen­de ’n on­der­soek, reg? Reg?”

Ma­le­ma het hier­op ge­sê: “Ons sal dit nie doen nie, jy kan daar­van ver­geet.”

Boon­op het die par­ty gis­ter die heel­dag foto’s van S­hi­vam­bu op T­wit­ter ge­plaas waar hy ’n po­li­tie­ke in­duk­sie­pro­gram van die EFF in M­pu­ma­lan­ga aan­ge­bied het.

In­tus­sen is be­rig dat pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en die res van die ANC se top­ses moont­lik Maan­dag die VBS Mu­tu­al Bank-skan­daal gaan be­spreek.

Pule Mabe, ANC-woord­voer­der, kon nie gis­ter be­ves­tig dat dié kwes­sie op die sa­ke­lys van die ANC-lei­ers is nie, of­skoon eNCA daar­oor be­rig het. Mabe het by na­vraag ge­sê: “Ek is se­ker om­dat die kwes­sie in die o­pen­ba­re do­mein is, daar niks fout daar­mee sal wees om dit te be­spreek nie.”

B­ri­an S­hi­vam­bu het Don­der­dag in ’n ver­kla­ring ont­ken dat hy e­ni­ge sa­ke met VBS ge­doen het en aan­ge­dui dat hy reg­stap­pe vir naam­sken­ding teen die “ei­e­naars van die ver­slag” gaan doen.

Floyd S­hi­vam­bu, EFF-ad­jun­klei­er

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.