Ge­sie­ne fa­mi­lies só ont­eer

Volksblad - - Rubrieke - Johan van Wyk

Ek het die lied­jie “Die Bloem­fon­tein­se ro­se” – waar­in dié s­tad deur Ju­rie Fer­rei­ra saam met Hen­drik Su­san se or­kes ver­e­wig is as die Ro­se­stad – só lank­laas gehoor dat ek kwa­lik nog die woor­de onthou.

Wat ek wel onthou, is dat Bloem­fon­tein – vroe­ër ’n mooi, skoon, goed be­stuur­de en goed ver­sorg­de s­tad – nie net prag­ti­ge ro­se ge­had het nie, maar ook prag­ti­ge mei­sies, syn­de die eint­li­ke “ro­se” waar­van ou Ju­rie sing. Hoe kan ek ver­geet? Ek slaap by een.

Ek was dus in­nig­lik ge­grief toe ’n kol­le­ga in Bloem­fon­tein ’n no­ta af­sluit met: “Groe­te uit ’n win­de­ri­ge, stow­we­ri­ge, vuil, ver­waar­loos­de Bloem­fon­tein.” Die wind en stof is te ver­sta­ne. Dié tyd van die jaar jaag storm­win­de mos die rooi sand van die kaal Wes-Vry­staat­se vlak­tes (wat nooit ge­ploeg moes ge­wees het nie !) saam met jou Land­bank-ver­band see toe.

Maar “vuil en ver­waar­loos”? Dit het ’n bit­ter na­smaak ag­ter­ge­laat, net so bit­ter soos toe Bloem­fon­tein se prag­ti­ge, his­to­rie­se stad­saal ver­le­de jaar af­ge­brand is. Net soos die ver­wy­de­ring van pres. M.T. S­teyn se stand­beeld van die Ko­v­sie-kam­pus ook ’n gal­bit­ter na­smaak sal laat.

Dit sal die ge­tal be­ken­de A­fri­ka­ner­fa­mi­lies wie se le­de oor ’n leef­tyd on­skat­ba­re diens aan SuidA­fri­ka ge­le­wer het, maar nou, ge­steun deur me­de-A­fri­ka­ners, met min­ag­ting deur die ANC-be­wind­heb­bers op­sy ge­stoot word, op drie te staan bring: die Vry­staat­se S­teyns, die T­homs van S­tel­len­bosch en die Ni­cols van die ou Trans­vaal.

Ek hoef se­ker­lik nie uit te wei oor wie en wat pres. S­teyn was en wat hy vir die Vrystaat, Bloem­fon­tein en Suid-A­fri­ka ge­doen het nie. Ook nie oor prof. H.B. T­hom nie, eer­tyd­se rek­tor wat vir sy diens aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch ver­eer is deur die u­ni­ver­si­teits­te­a­ter, waar­van hy die stig­ter was, na hom te noem.

Dié naam word nou ter wil­le van trans­for­ma­sie op ’n ma­nier, om mense te flous, weg­ge­neem om dit te laat lyk of dit net as ’n “te­a­ter­kom­pleks” be­kend was en nie prof. T­hom se naam ge­dra het nie. Dink prof. Wim de Vil­liers en sy tra­wan­te ons is on­der ’n kal­koen uit­ge­broei?

Nie dat ek A­dam S­mall ver­e­ring mis­gun nie. Hy ver­dien ver­e­ring. Dis die ma­nier waar­op S’kelm­bos dit ge­doen het wat aan­stoot gee. S­mall kon ook el­ders op S­tel­len­bosch ver­eer ge­wees het sonder om T­hom se wel­ver­dien­de na­la­ten­skap te ont­eer.

Wat sal ek oor die Ni­cols sê nou­dat Wil­li­am Ni­col­ry­laan in Jo­han­nes­burg na Win­nie Man­de­la her­doop gaan word? Wat meer kan ek sê as dat hul­le nie ’n sok­ker­klub be­dryf het nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.