Kom­men­taar

Volksblad - - Rubrieke -

Skok­kend om s­tad te sien ver­val

▶ Fo­to­blad “S­kan­de van vrot Bfn” (09.10): As elke huis­ei­e­naar/huur­der en elke win­kel­ei­e­naar net hul sy­paad­jies en straat skoon hou, is dit al klaar ’n ver­be­te­ring. Dan­kie Ma­rie­tjie Ge­ric­ke en Mlun­gi­si Louw vir jul ar­ti­kel. Kom ons wees weer trots op ons s­tad. – Ge­sa­ment­li­ke po­ging

▶ Dit is skok­kend om ons prag­ti­ge s­tad so te sien ver­val in ’n as­hoop. – T­he­re­sa Teengs

▶ Ek het in die s­tad groot­ge­word, nog in die tyd van die em­mer­stel­sel, maar nou kan ek nie eens my ge­lief­des se rus­plek­ke be­soek nie. Ons land is in ver­val.

– Ri­ta van der Merwe

▶ Ai, my hart is seer wan­neer ek sien hoe ons prag­ti­ge s­tad ver­val in ’n as­hoop. Waar is die raads­le­de met hul e­nor­me sa­la­ris­se? Tree hul­le nie die amp­te­na­re aan nie? – T­hel­ma

▶ Ons het 52 jaar in die spog­woon­buurt U­ni­ver­si­tas ge­woon. Ons kinders was in ons u­ni­ver­si­teit, kerk en skool rond­om U­ni­ver­si­tas, maar die om­ge­wing skep nou ’n weer­sin, so vuil is die buurt!

– Oud-Un­ver­si­tas­ser

▶ Wan­neer ’n mens nog mu­ni­si­pa­le wer­kers sien, is hul­le in klos­se, net een werk en die an­der ge­sels. Of hul­le rus al­mal. Dis­si­pli­ne ont­breek. – Anoniem

▶ Ek het ag­ter ’n mo­tor ge­ry van ’n man wat sy vul­lis­sak­ke langs die We­ster­bloem-af­tree­oord kom af­laai het. Ek as vrou kon hom nie te­reg­wys nie. S­kan­de!

– Vrou-al­leen

▶ Wan­neer moet in­wo­ners tyd kry om hul om­ge­wing skoon te maak? Hul­le werk be­dags so­dat daar geld is om diens­te­gel­de te be­taal. Gee vir elke be­to­ger ’n swart sak, be­sem en graaf, dan kan hul­le som­mer skof­fel en vee ter­wyl hul­le hul dae om loop. – RW

Nie net Bfn gaan so erg ag­ter­uit

▶ Moe­nie kla oor Bloem­fon­tein nie, Kim­ber­ley lyk nog er­ger. – Kim­ber­liet

▶ Sal die ri­ool­kri­sis­se by die mu­ni­si­pa­li­tei­te werk­lik op­ge­los kan word? Dit wil voor­kom of feit­lik al­le dor­pe en ste­de pro­ble­me on­der­vind. Waar sal geld van­daan kom om oplossings te bied? Mu­ni­si­pa­li­tei­te kan nie eens skoon drink­wa­ter le­wer nie, wat nog al die an­der diens­te. – T­hys, Se­ne­kal

▶ Kom kyk hoe lyk Ku­ru­man, die plek van die Seer Oog. Die ri­ool­plaas staan. Die wild­kamp, ri­vier­loop en som­mi­ge stra­te is nou ri­ool-slik­dam­me weens stuk­ken­de pom­pe. – Ku­ru­ma­niet

▶ In­wo­ners van Bloem­fon­tein moe­nie sleg voel nie: Wel­kom is net so vrot en pa­te­ties! Ek is al moeg om die lae wa­ter­druk aan te meld. Nou het my was­ma­sjien weens die lae wa­ter­druk ge­breek! – Ce­ci­le, Wel­kom

Hou op be­taal vir swak diens­te

▶ Din­ge sal nie reg­kom as die ANC re­geer nie. – Ont­nug­ter

▶ Ons be­taal ’n hef­fing vir vul­lis­ver­wy­de­ring as deel van ons mu­ni­si­pa­le re­ke­nin­ge. Daar is geen diens­le­we­ring nie. Dis dief­stal. Ons s­tad is ’n ver­leent­heid. – Skaam

▶ S­taak be­ta­lings vir diens­te aan mu­ni­si­pa­li­tei­te en be­taal pri­va­te diens­le­we­raars. – Moeg be­taal

▶ Ons moet ons sa­ni­ta­sie- en vul­lis­ver­wy­de­rings­gel­de nie aan Man­gaung oor­be­taal nie! – Keel­vol

S­kaal­mo­del­le van hui­se be­ïn­druk

▶ Kan ek as­se­blief die kon­tak­nom­mer kry van die skaal­mo­del-kuns­te­naars? Ek wil graag ge­bruik maak van hul diens­te. – Be­ïn­druk (Bel Ka­be­lo C­he­le­che­le by 073 312 2804. – B­rie­we­red.)

▶ Wat van pop­hui­se maak? – Net ’n voor­stel

Stuur jou SMS aan 45531.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.