G­riep gaan net al hoe er­ger word

Volksblad - - Rubrieke - El­sa­bé B­rits

Sei­soe­na­le g­riep is be­sig om te ver­an­der. Dit gaan meer in­tens word en lan­ger duur – ve­ral in ste­de waar mense op me­kaar woon en werk – en boon­op gaan dit ge­dryf word deur kli­maats­ver­an­de­ring.

Dit is sleg­te nuus, want g­riep kan ge­vaar­lik wees. Af­han­gen­de van die stam­me wat daar­die jaar in om­loop is, gaan tus­sen 290 000 en 650 000 mense wê­reld­wyd elke jaar daar­aan dood en in Suid-A­fri­ka tus­sen 6 000 en 11 000.

Soms neem mense dit nie erns­tig op nie, al her­stel die mees­te mense wel daar­van. Tog is dit een van die groot oor­sa­ke van on­her­stel­ba­re hart­spier­ska­de, met ’n hart­oor­plan­ting as die e­nig­ste kuur.

Vol­gens na­vor­sing wat ver­le­de week be­kend ge­maak is, het ste­de broei­kas­te vir sei­soe­na­le g­riep ge­word, ge­dryf deur hu­mi­di­teit. In ste­de wat dig­be­volk is, is daar deur­lo­pend baie g­riep, aan die be­gin van die sei­soen, die ein­de en in die mid­del. Dit was ver­on­der­stel om net in die mid­del baie ge­val­le te hê en ’n ti­pie­se kur­we te toon. Dit is nie meer die ge­val nie.

Die griep­vi­rus ver­sprei in die drup­pels wat mense hoes en nies en dit oor­leef in som­mi­ge ste­de weens die klimaat baie lan­ger in die lug. Die hu­mi­di­teit in die lug help die vi­rus om te oor­leef.

Dit is die ge­val vir sei­soe­na­le g­riep, maar wat van pan­de­mie­se g­riep, soos in 1918-’19 wat na be­ra­ming 50 mil­joen mense dood­ge­maak het?

Daar moet on­der­skei word tus­sen sei­soe­na­le g­riep en pan­de­mie­se g­riep. Die meer kom­mer­wek­ken­de pan­de­mie­se uit­bre­kings kom elke 50 of 100 jaar voor, maar dié tyd­per­ke tus­sen­in kan ook kor­ter wees.

Sei­soe­na­le g­riep is ’n na­tuur­li­ke pro­ses en daar is net ge­rin­ge ver­an­de­rin­ge aan die vi­rus. So­wat 1% van die op­per­vlak­pro­te­ïe­ne van die vi­rus ver­an­der en dít word ’n an­ti­ge­ne ver­skui­wing ge­noem.

Dit is am­per soos die mo­del van die­self­de mo­tor wat elke paar jaar ver­an­der, maar steeds eint­lik die­self­de bly.

Dus ver­an­der sei­soe­na­le g­riep die he­le tyd bie­tjie vir bie­tjie soos die vi­rus­se pro­beer om die mens se im­mu­ni­teit­stel­sel te ver­my om te oor­leef.

An­ti­ge­ne ver­skui­wings raak die A- en B-griep­stam­me. A-stam­me maak die­re en mense siek, ter­wyl die B-stam­me net mense siek maak.

Maar dit is net die A-stam wat groot ver­an­de­rin­ge kan on­der­gaan. Wan­neer pan­de­mies ont­wik­kel, was daar ge­woon­lik ’n an­ti­ge­ne sprong. En skie­lik is daar­die mo­tor ’n heel nu­we ge­vaar­li­ke, splin­ter­nu­we mo­del. ’n Su­per­mo­tor.

Die jong­ste be­ra­ming is in­dien daar weer so an­ti­ge­ne sprong is en ’n pan­de­mie uit­breek, kan 150 mil­joen mense dood­gaan. Dit sal ka­ta­stro­fies wees, ge­ge­we die aan­tal mense wat siek sal word.

In 1918-’19 het mense nie eens ge­weet dit is ’n vi­rus en hoe dit oor­ge­dra word nie en om te reis was aan­sien­lik moei­li­ker as van­dag. Toe was die wê­reld­be­vol­king 28% van wat dit nou is.

Lyk in Alas­ka die op­los­sing

Daar was iets baie u­nieks aan dié pan­de­mie wat na­vor­sers vir dekades laat kop­krap het. In 2005 het we­ten­skap­li­kes die vi­rus her­skep deur die lyk van ’n des­tyd­se vrou­e­slag­of­fer van Alas­ka op te gra­we. Die weef­sel was goed be­waar om­dat dit in die ys­grond ge­lê het. Die vet­sel­le van die vrou, wat taam­lik oor­ge­wig was, het ge­help dat die vi­rus be­waar ge­bly het. Toe die agt ge­ne van die vi­rus ont­leed is, was die re­sul­ta­te werk­lik ont­stel­lend. Die vi­rus gaan sit aan sel­le in die lon­ge, waar dit ver­meer­der.

Dit be­ska­dig die sel­le só erg dat mense bak­te­ri­ë­le long­ont­ste­king kry – so ver­woes­tend dat hul lon­ge gou met vloei­stof vul. Ui­t­ein­de­lik ver­smoor jy.

Baie mense het don­ker kol­le op hul vel ge­kry en/of blou ge­word. Dit was weens ’n ge­brek aan suur­stof.

Dié vi­rus (A/H1N1) van 1918-’19 was van vo­ëls af­koms­tig, maar dit was heel­te­mal nuut – iets wat nog nie voor­heen ge­sien is nie. Die heel be­lang­rik­ste is dat dit toe mu­teer het om van mens tot mens oor­draag­baar te wees.

Die mees­te mense wat dood is, was tus­sen 16 en 40 jaar oud. Dit was baie u­niek, want ge­woon­lik is dit ou­er mense, mense wat reeds siek is, ba­bas en kinders wat ge­raak word. Dit was juis die ge­son­de, ak­tie­we mense wat ge­sterf het. Die na­vor­sing in 2005 het ge­toon die jon­ger mense se sterk im­mu­ni­teit­stel­sel het juis ’n nood­lot­ti­ge oor­re­ak­sie van die im­mu­ni­teit­stel­sel ver­oor­saak.

By­na soos ’n storm van si­to­kiene. Wan­neer jou lig­gaam veg teen ’n in­fek­sie, stuur si­to­kiene sei­ne vir be­paal­de im­mu­ni­teit­sel­le om te gaan werk, en boodskappe word te­rug­ge­stuur. Maar wan­neer daar ’n oor­re­ak­sie is, vorm dit iets soos ’n bo­se kring­loop en te veel im­mu­ni­teit­sel­le word ge­ak­ti­veer.

Die re­ak­sie is te sterk en weef­sel en or­ga­ne word aan­ge­tas. In die lon­ge bou vloei­stof op en die lug­weë sluit.

Dit is die mag van ’n griep­vi­rus wat ’n groot sprong maak.

So klein soos 0,00008 mil­li­me­ter tot 0,00012 mil­li­me­ter, en dit be­waar die dood.

Bron­ne: Na­si­o­na­le In­s­ti­tuut vir Oor­draag­ba­re Siek­tes; S­cien­ce­ (5 Ok­to­ber 2018); Fron­tiers in Cel­lu­lar and In­fecti­on Mi­cro­bi­o­lo­gy (8 Ok­to­ber 2018); Na­tu­re (5 Ok­to­ber 2005); E­mer­ging In­fecti­ous Di­se­a­ses (Ja­nu­a­rie 2005). ■ El­sa­bé B­rits is ’n we­ten­skap­joer­na­lis.

Die struk­tuur en groot­te van ’n s­tad kan ’n invloed hê op hoe g­riep oor­ge­dra word, ook hoe dit re­a­geer wan­neer die klimaat ver­an­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.