Af­spraak­moor­de: Ce­ci­lia ont­ken be­die­ning

Volksblad - - Nuus - Ja­na Marx

‘‘

Maar wat dan van ons ta­toe­ëer­mer­ke? — LE ROUX S­TEYN

Die Kru­gers­dorp­se “Chris­te­li­ke be­die­ning” E­lec­tus per Deus was “net ’n groep vrien­de”, het die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg gis­ter gehoor.

Dié groep word be­trek by die 11 so­ge­naam­de Kru­gers­dorp-af­spraak­moor­de.

Ce­ci­lia S­teyn, die ver­meen­de op­per­brein, ont­ken eg­ter dat E­lec­tus per Deus ooit ’n be­die­nings­groep was.

Adv. An­dré Coet­zer, haar regs­ver­teen­woor­di­ger, het dit ty­dens kruis­on­der­vra­ging aan Le Roux S­teyn, staats­ge­tuie, ge­stel dat Ce­ci­lia gaan ge­tuig dat dit nie ’n be­die­ning was nie.

“Dit was ’n groep vrien­de wat saam­ge­kom het,” het Coet­zer aan­ge­voer.

“Maar wat dan van ons ta­toe­ëer­mer­ke (die woor­de: E­lec­tus per Deus)?” het Le Roux ge­vra.

“Jul­le kon dit mos vry­wil­lig­lik ge­kry het,” het Coet­zer ge­sê.

“Die feit dat sy ons laat glo het sy is ’n sa­ta­nis wat uit die Kerk van Sa­tan ge­kom het en dat ons vir haar moet bid, die an­der mense wat uit sa­ta­nis­me kom wat ons moes be­skerm – dít was die grond­slag waar­op die be­die­ning ge­stig is,” het Le Roux vol­ge­hou.

Coet­zer het Le Roux daar­op ge­wys daar was geen aan­bid­dings­ge­leent­he­de en geen ge­meen­te­li­ke by­een­koms­te, wat eie aan ’n be­die­ning is, nie.

“Nee, daar was. Ons sou in Ce­ci­lia se ka­mer by­me­kaar­kom, die By­bel uit­haal en bid. Daar was ’n paar van ons,” het Le Roux ge­ant­woord.

Coet­zer het aan­ge­voer dat die geld wat groep­le­de by­ge­dra het vol­gens Ce­ci­lia slegs ge­bruik is om kos te koop en hul­le te ver­sorg.

“Sy het kos ge­koop, kle­re, ’n PlayS­ta­ti­on . . .” het Le Roux ge­tuig. Hy het vroe­ër ge­tuig dié geld is ook aan­ge­wend om die so­ge­naam­de be­keer­de sa­ta­nis­te te ver­sorg.

Op Coet­zer se vraag oor of daar re­ëls in die be­die­ning be­staan, het Le Roux ge­sê daar was geen “ge­skre­we” re­ëls nie, “maar ons mag nie fa­mi­lie en vrien­de ge­had het nie, want hul­le was bang ons ge­bruik al­ko­hol en word dan deur die Kerk van Sa­tan in­ge­trek. Ek is so­veel keer ge­slaan om­dat ek met mense seks ge­had het met wie ek nié seks ge­had het nie.”

Ce­ci­lia S­teyn, Mar­cel S­teyn en Zak Va­len­ti­ne staan tans te­reg op ver­skeie aan­klag­te waar­on­der moord en sa­me­swe­ring tot moord. Le Roux is reeds skul­dig be­vind en ge­von­nis. Hy is Mar­cel se broer. Hul ma, Ma­rin­da S­teyn, en John Bar­nard is ook reeds skul­dig be­vind en ge­von­nis.

Die ver­hoor duur voort.

Foto: JA­NA MARX

Die E­lec­tus per Deus-ta­toe­ëer­merk wat Le Roux S­teyn op sy arm laat aan­bring het.

Foto: FELIX DLANGAMANDLA

Ce­ci­lia S­teyn

Foto: DEAAN VIVIER

Zak Va­len­ti­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.