Eng­le­dow se swa­ne­sang

Kan G­rie­kwas hom op hoog­te­punt groet?

Volksblad - - Sport - Mar­nus Kok

Elke keer wan­neer G­rie­kwas se rug­by­span ver­loor het, was dit ’n laag­te­punt vir die s­pan se af­rig­ter, Peter Eng­le­dow.

Hy is die laaste keer aan die stuur van sa­ke wan­neer die Pou­blou­es van­dag gas­heer speel vir die Haaie in die twee span­ne se Cur­rie­be­ker-wed­stryd in Kim­ber­ley.

Die Pou­blou­es sal hoop om Eng­le­dow met ’n oor­win­ning te groet. “Om des­tyds (2014) by G­rie­kwas aan­ge­stel te word toe ek van En­ge­land af te­rug­ge­keer het, was ’n hoog­te­punt. Ek onthou hoe op­ge­won­de ek was om hier af te rig. My hoog­te­pun­te was om die Vrystaat ver­le­de jaar twee keer (30-25 en 59-24) te klop en ook teen die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie (44-34) te wen. Dit was be­son­der­se oor­win­nings,” sê Eng­le­dow.

“Ek dink elke keer as die s­pan ver­loor het, was dit ’n laag­te­punt vir my. Een van die an­der laag­te­pun­te was die laaste drie maan­de (toe sy kon­trak nie her­nu is nie) hier by G­rie­kwas.

“Dit was nie ’n lek­ker er­va­ring nie, maar dit is be­lang­rik om met ’n hoog­te­punt af te sluit,” sê Eng­le­dow.

Hy sê daar is nie ’n to­wer­for­mu­le om te wen nie. “Jy het spe­lers no­dig wat al ’n ruk saam­speel en be­reid is om vir me­kaar te speel.”

Die Haaie is reeds ver­se­ker van ’n plek in die half­eind­ron­de en sal hoop om twee­de te bly met die oog op ’n tuis­half­eind­stryd.

Die s­pan se af­rig­ter, Ro­bert du P­reez, sal die ge­leent­heid ge­bruik om te kyk hoe sy seun Ro­bert op sen­ter vaar. Boon­op maak sy an­der seun, die los­voor­spe­ler Je­an-Luc, wat op die plaas­ver­van­gers­bank in­ge­sluit is, sy te­rug­keer ná ’n be­se­ring.

Foto: GALLO IMAGES

G­rie­kwas groet nie net sy af­rig­ter Peter Eng­le­dow nie, maar ook sy kap­tein en sen­ter Ky­le S­teyn, wat S­kot­land toe ver­huis. Peter Eng­le­dow

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.