Rabs se loop­baan blom in Bloem

Volksblad - - Sport -

O­wen Kock

Die C­hee­tahs se blit­si­ge vleu­el Si­bahle “Rabs’’ Max­wa­ne, voor­ste drie­druk­ker in die Pro14reeks, sê die Bloem­fon­tein­se fran­chi­se het nu­we le­we in sy rug­by­loop­baan ge­blaas.

Hy het hom as’t wa­re in die rug­by­woes­tyn be­vind na­dat hy by die Bul­le mee­ge­deel is dat hy nie deel van hul plan­ne vir ver­le­de sei­soen se Su­per­rug­by-veld­tog is nie.

Dit is toe dat die C­hee­tahs hom ’n heen­ko­me ge­bied het.

Max­wa­ne (23) is ’n stil jong­man en sy spel doen ge­woon­lik die praat­werk vir hom.

“Hou op om so baie te vrae vra,” het hy on­langs ge­skerts toe hy ge­pols is oor sy goeie spel vir die C­hee­tahs.

Dié boor­ling van Qu­een­stown het gou in Bloem­fon­tein aan­ge­pas, ter­wyl hy en sy span­maats ook goeie vrien­de ge­word het.

Hy is in sy e­le­ment by die C­hee­tahs.

Hy sê vir die eer­ste keer het hy die vry­heid om die soort rug­by te speel wat hy wil.

“Ek kan die ge­leent­heid wat die C­hee­tahs my ge­bied het nie as van­self­spre­kend aan­vaar nie.

“Ná al­les wat met my ge­beur het, die on­se­ker­heid, die toe­koms, is ek ge­luk­kig hier.

“En ja, die C­hee­tahs het nu­we le­we in my rug­by­loop­baan ge­blaas. Ek sê vir hul­le dan­kie daar­voor.

“Hul­le het my die ge­leent­heid ge­gee waar­na ek lank op soek was, so ek gaan dit be­slis nie as van­self­spre­kend aan­vaar nie.

“Hul­le het my op my ge­mak laat voel toe ek hier aan­ge­kom het en daar­by laat hul­le spe­lers toe om hul­le eie soort rug­by te speel,” sê hy.

Max­wa­ne sê nie net hy nie, maar die he­le s­pan ge­niet baie vry­heid on­der Fran­co S­mith, hoof­af­rig­ter, en sy af­rig­ting­span. “Ons word aan­ge­moe­dig om ons op die veld uit te leef en ons te ge­niet, dis tog waar­oor die spel gaan. Om te leef in die oom­blik.”

Hy het net soos e­ni­ge spe­ler die droom om een­dag vir die S­pring­bok­ke te speel, maar sê hy is nog jonk en voel dit is nog nie sy tyd nie.

Nou, stel hy dit dui­de­lik, is sy fo­kus to­taal en al by die C­hee­tahs en hul­le twee­de Pro14-veld­tog.

“Om in be­re­ke­ning vir die Bok-s­pan te kom is nie in my han­de nie. Wat nou be­lang­rik is, is dat ek elke week vir die C­hee­tahs my al­les gee en har­der werk as die vo­ri­ge week,” sê Max­wa­ne.

Die C­hee­tahs se nu­we drie­druk-sen­sa­sie sal op 27 Ok­to­ber in Bloem­fon­tein in hul her­ont­moe­ting met die Car­diff Blu­es wil voort­bou op die vyf drieë wat hy reeds in die kom­pe­ti­sie ge­druk het.

Rabs Max­wa­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.