Goud vir VS-vrou se le­we

Volg op ver­dwy­ning by werk­plek

Volksblad - - Voorblad - A­let van der Walt

Die ont­voe­ring gis­ter­og­gend van die vrou van ’n be­stuur­der by ’n Goud­veld­se myn het gis­ter­aand dra­ma­ties ge­ëin­dig toe twee goud­sta­we na be­we­ring vir haar vry­la­ting be­taal is.

Kapt. S­te­phen T­ha­keng, ’n po­li­sie­woord­voer­der, het gis­ter­aand be­ves­tig dat C­har­mai­ne Bo­tha (42) vry­ge­laat is en dat sy vei­lig tuis is. Die po­li­sie on­der­soek nou die ge­beu­re.

Vol­gens haar vrien­de wat ook op Fa­ce­book aan­ge­kon­dig het dat sy vei­lig is, is sy wel erg ge­trau­ma­ti­seerd.

Bo­tha, wie se man, John­ny, as be­stuur­der by die Har­mo­ny­myn­groep se goud­aan­leg werk, is gis­ter­og­gend bui­te haar werk­plek ont­voer.

Bo­tha werk vir die pro­ku­reurs­fir­ma Piet Haas­broek in Heerenstraat, Wel­kom.

’n Kol­le­ga van Bo­tha, wat a­no­niem wil bly, sê toe sy gis­ter­og­gend by die werk op­daag, het wa­ter­bot­tels wat hul­le in die fir­ma ge­bruik, bui­te die kan­toor ge­staan.

Dit het ge­lyk as­of Bo­tha die bot­tels uit haar voer­tuig ge­laai het, maar nie­mand weet wat daar­na ge­beur het nie. Sy en haar voer­tuig was weg, wat die ver­moe­de laat ont­staan het dat sy ge­kaap kon ge­wees het.

Die kol­le­ga sê John­ny het om­streeks 08:50 ge­bel om uit te vind waar sy vrou is, om­dat hy haar nie op haar sel­foon kon be­reik nie.

Die kol­le­ga sê sy het in daar­die sta­di­um ’n W­hat­sApp-bood­skap aan Bo­tha op haar sel­foon ge­stuur. Die bood­skap is af­ge­le­wer, maar nie ge­lees nie.

John­ny is blyk­baar die og­gend reeds in­ge­lig dat sy vrou se ont­voer­ders twee goud­sta­we vir haar vry­la­ting eis.

Vol­gens ’n in­ge­lig­te is John­ny ge­dreig dat die ont­voer­ders ook die res van die ge­sin sou ont­voer in­dien hy nie sou toe­sien dat die goud oor­han­dig word nie.

Bo­tha se sil­wer­kleu­ri­ge Volks­wa­gen Po­lo is la­ter die dag ver­la­te by die Boi­tu­me­lo­win­kel­sen­trum in T­ha­bong ge­kry, wat vre­se vir haar vei­lig­heid laat toe­neem het.

Die be­son­der­he­de van die on­der­han­de­lin­ge en ge­beu­re van die dag was gis­ter­aand nie dui­de­lik nie, maar Volks­blad het ver­neem dat twee goud­sta­we om­streeks 20:00 glo as los­prys vir Bo­tha aan haar ont­voer­ders oor­han­dig is.

Teen druk­tyd was geen ver­de­re in­lig­ting be­skik­baar nie.

Dié voor­val kom na­dat twee in­wo­ners van die stad die af­ge­lo­pe twee maan­de spoor­loos ver­dwyn het.

Karl Reich (82) het op 24 Sep­tem­ber ver­dwyn na­dat hy laas by sy huis in Volks­weg in die stad ge­sien is.

Nóg ’n Goud­vel­der, Fer­nan­do Mun­goi (56), ’n skof­baas by die P­ha­ki­sa-myn, is op Maan­dag 29 Ok­to­ber in O­den­daals­rus ge­sien. Hy het by sy vrien­din gaan kui­er en word se­dert­dien ver­mis. Die po­li­sie on­der­soek die mans se ver­dwy­nings.

‘‘ Sy en haar voer­tuig was weg, wat die ver­moe­de laat ont­staan het dat sy ge­kaap is.

Fo­to: FA­CE­BOOK

C­har­mai­ne Bo­tha en haar man, John­ny. Sy is gis­ter­aand met haar ge­sin her­e­nig na­dat twee goud­sta­we na be­we­ring as los­prys aan haar ont­voer­ders oor­han­dig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.