Slui­er ge­trek oor goud-los­prys vir VS-vrou

Volksblad - - Voorblad - A­let van der Walt

Die po­li­sie en die myn­maat­skap­py Har­mo­ny Gold het gis­ter ’n slui­er van ge­heim­hou­ding oor die ont­voe­ring van C­har­mai­ne Bo­tha van Wel­kom ge­trek.

Bo­tha, wie se man, John­ny, by Har­mo­ny Gold se goud­aan­leg werk, is Woens­dag glo ont­voer en haar ont­voer­ders het ’n goud­staaf as los­prys ge­ëis.

Hoe­wel vroe­ër ge­sê is Har­mo­ny Gold het twee goud­sta­we as los­prys vir Bo­tha se vry­la­ting ge­gee, wou nie kapt. S­te­phen T­ha­keng, po­li­sie­woord­voer­der, of Sihle Maake, woord­voer­der van Har­mo­ny Gold, be­ves­tig dat ’n los­prys be­taal is en in­dien wel, wat die waar­de daar­van is nie.

T­ha­keng wou selfs nie sê of daar ’n ont­voe­ring of gy­se­laars­dra­ma was nie en het net be­ves­tig dat Bo­tha nou vei­lig is.

Hy sê die po­li­sie is be­sig met ’n on­der­soek.

Maake het wel die ont­voe­ring be­ves­tig, maar wou ook niks meer sê nie.

Vol­gens ’n in­ge­lig­te na aan die on­der­soek het die sin­di­kaat wat Bo­tha ont­voer en ’n los­prys van twee goud­sta­we vir haar vry­la­ting ge­ëis het, ui­ters pro­fes­si­o­neel op­ge­tree en hul op­tre­de was haar­fyn be­plan.

Bo­tha is ont­voer kort na­dat sy Woens­dag­og­gend in Wel­kom by haar werk­plek, die pro­ku­reurs­fir­ma Piet Haas­broek, aan­ge­kom het.

Die ont­voer­ders het haar toe glo in haar mo­tor ge­dwing. Die mo­tor is la­ter by die Boi­tu­me­lo­win­kel­sen­trum in T­ha­bong bui­te Wel­kom ge­vind.

Sy is ge­blind­doek en na ’n sink­huis ie­wers in die towns­hip ge­bring waar sy tot met haar vry­la­ting aan­ge­hou is.

Haar ont­voer­ders het in­tus­sen haar man ge­kon­tak en hul ei­se ge­stel. Hy het on­mid­del­lik sy werk­ge­wer en die po­li­sie in ken­nis ge­stel en daar is glo be­sluit om aan die ont­voer­ders se ei­se te vol­doen.

Die ont­voer­ders het glo ge­reeld van sel­fo­ne en sim­kaar­te ver­wis­sel om se­ker te maak dat nie­mand kan vas­stel waar hul­le is nie. Bo­tha se sel­foon is ook bui­te wer­king ge­stel.

Daar is ge­re­ël dat John­ny Woens­dag­aand van die ont­voer­ders by die Vi­r­gin Acti­ve-gim­na­si­um in Wel­kom ont­moet om hul­le met die goud­sta­we te “be­taal”.

Vol­gens die in­ge­lig­te is twee goud­sta­we ge­ëis, maar net een is oor­han­dig. Dit is eg­ter on­se­ker of die staaf wat oor­han­dig is, swaar­der is as dié wat aan­vank­lik ge­ëis is en of die ont­voer­ders be­reid was om ’n klei­ner los­prys te aan­vaar.

Die an­der le­de van die ben­de het Bo­tha te­rug­ge­neem na die mo­tor wat by die Boi­tu­me­lo-win­kel­sen­trum ge­par­keer was.

Die twee groe­pe was voort­du­rend in ver­bin­ding met me­kaar.

C­har­mai­ne is nie be­seer nie, maar is steeds baie ge­trau­ma­ti­seer. Die eg­paar se dog­ter, wat in gr. 11 is, is eers oor haar ma se ont­voe­ring in­ge­lig na­dat sy haar ek­sa­men­vra­e­stel ge­skryf het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.