A­friForum ver­kla NK se ge­sond­heids­hoë

Volksblad - - Nuus - C­har­né­ Kemp­

A­friForum het gis­ter straf­reg­te­li­ke klag­te teen ’n vo­ri­ge Noor­dKaap­se de­par­te­ments­hoof van ge­sond­heid in­ge­dien, ’n dag na­dat die hui­di­ge LUR vu­re oor die de­par­te­ment se gel­de­li­ke nood pro­beer dood­slaan het.

A­friForum het ’n vo­ri­ge de­par­te­ments­hoof daar­van be­skul­dig dat sy be­las­ting­be­ta­lers se geld wan­be­stee het.

Li­ze-Ma­ri S­mit, dis­triks­ko­ör­di­neer­der van A­friForum vir die Ka­roo, sê toe T­hem­bi Ma­zi­bu­ko in die 2016-’17-boek­jaar die waar­ne­men­de de­par­te­ments­hoof was, is daar geld ver­mors.

“In dié tyd is R10 mil­joen as vrug­te­lo­se en ver­mors­te uit­ga­wes aan­ge­te­ken en R570 mil­joen is on­re­ël­ma­tig be­stee.”

Fu­fe Ma­ka­tong, LUR vir ge­sond­heid, het Woens­dag ’n drin­gen­de me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­hou om be­rig­te dat haar de­par­te­ment aan die in­een­stort is te weer­lê.

Sy het Andrew Louw, DA-lei­er, daar­van be­skul­dig dat hy die de­par­te­ment se gel­de­li­ke pro­ble­me as deel van ’n ver­kie­sings­veld­tog mis­bruik.

Vol­gens haar het die de­par­te­ment uit­da­gings, “maar dit is nie ’n kri­sis nie. Ons be­stuur ons geld­pro­ble­me goed in die om­stan­dig­he­de.”

Die de­par­te­ment het by­voor­beeld op skoon­maak­kon­trak­te be­spaar. “Toe ek in Fe­bru­a­rie aan­ge­stel is, het ek die pre­mier in­ge­lig dat ek by de­par­te­men­te sal in­gryp om din­ge reg te ruk. Die or­ga­ni­gram wat tien jaar ge­le­de laas by­ge­werk is en ’n vaar­dig­he­de-ou­dit word oor­ge­doen.”

Sy het ook ont­ken dat die mees­te pro­vin­si­a­le hos­pi­ta­le nie die pa­si­ën­te­la­ding kan han­teer nie.

“Ons het ge­noeg dok­ters en spe­si­a­lis­te in die De Aar- en dr. Har­ry Sur­tie-hos­pi­taal in U­ping­ton. Ons ver­soek pa­si­ën­te ver­al in Kim­ber­ley om nie hul­self vir pyn en kwa­le na die nood­ge­val­le­af­de­ling van die Ro­bert So­buk­we-hos­pi­taal (die ou Kim­ber­ley­hos­pi­taal) te ver­wys nie. Dit ver­oor­saak lang wag­tye wat werk­li­ke nood­ge­val­le be­na­deel.”

Die va­ka­tu­res vir spe­si­a­lis­te staan op 26%, 7% vir ver­ple­ërs, en 12% vir dok­ters. Pos­te word ook in­tern ge­vul.

“Ek het nu­we hos­pi­taal­di­rek­sies en kli­niek­ko­mi­tees oor die pro­vin­sie heen aan­ge­stel. Ek het ook 300 nu­we aan­stel­lings se­dert Fe­bru­a­rie ge­maak. Net ver­le­de week het ek 30 dok­ters in Kim­ber­ley aan­ge­stel.”

Tien van 19 am­bu­lan­se is weer in diens ge­stel na­dat die voer­tui­g­li­sen­sies her­nu is. An­der voer­tuie is in diens ge­stel om me­di­sy­ne te ver­voer.

Ma­ka­tong kon nie vol­le­di­ge ant­woor­de ver­skaf oor groot­skaal­se van­da­lis­me die af­ge­lo­pe ses maan­de by die ou Ka­roo-Sen­traal-hos­pi­taal in De Aar se ge­bou­e­kom­pleks, en van toe­rus­ting en voor­raad nie.

“Die ge­bou is aan die de­par­te­ment van o­pen­ba­re wer­ke en paaie te­rug­ge­gee.”

Fo­to: C­HAR­NÉ KEMP

Li­ze-Ma­ri­ S­mit,A­friForum­ se­dis­triks­ko­ör­di­neer­der­vir­ dieKa­roo,­ by­ die­po­li­sie­kan­toor­ in­Kim­ber­ley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.