M­bo­we­ni tog reg oor SAL; ont­hul ANC vir wat hy is

Volksblad - - Kommentaar -

Die ver­koop al dan nie van die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL), wat prak­ties deur wan­be­stuur en staat­skaping as be­dryf­saak ver­woes is, is ’n in­ge­wik­kel­de kwes­sie.

E­ner­syds kan dit na ’n mak­li­ke uit­weg lyk om dié bo­dem­lo­se put van mil­jar­de ran­de een­vou­dig te sluit of te ver­koop. Dit sal wel mee­bring dat die staat waar­skyn­lik so­wat R18 mil­jard se skuld da­de­lik sal moet be­taal.

Die een vrees is dat dit die be­gin kan wees van ’n do­mi­no-ef­fek wat die staats­kas tot op die rand van in­een­stor­ting kan bring. Dit is dié vrees wat moont­lik mee­ge­bring het dat pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en Pra­vin Gordhan, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, in die o­pen­baar ver­skil van die ver­sug­ting van Ti­to M­bo­we­ni, mi­nis­ter van fi­nan­sies, om die SAL te ver­koop en klaar.

Sy stand­punt spruit waar­skyn­lik uit die ver­de­re red­dings­boei van R22 mil­jard wat die SAL in die vol­gen­de drie jaar van die staat vra om aan die gang te bly. Die las wat dit op die staats­kas plaas, is on­draag­lik en maak in­der­daad geen sin nie.

Oor die re­ge­ring se red­dings­plan, naam­lik om ’n me­de-aan­deel­hou­er uit die pri­va­te sek­tor vir die lug­diens te kry, het M­bo­we­ni te­reg in ’n toe­spraak in New York ge­sê dis on­waar­skyn­lik dat so ’n ge­wil­li­ge ven­noot ge­vind sal word.

Gordhan se sweep­klap-toe­spraak vroe­ër van­dees­week aan SAL-per­so­neel dat hul­le hul­le moet reg-ruk en die lug­diens red, is in al­le waar­skyn­lik­heid mos­terd ná die maal. Die vraag is ook of hy en Ra­map­ho­sa nie bloot ge­weer-teen-die-kop deur die ANC-kou­kus op sleep­tou ge­neem is deur hul stand­punt teen M­bo­we­ni se ver­koop­plan nie.

Met sy uit­la­ting in New York het hy die ANC ont­hul vir wat die or­ga­ni­sa­sie werk­lik is. Die kou­kus­ka­me­ra­de het geen sim­pa­tie daar­voor dat mil­jar­de ran­de wat vir diens­le­we­ring ge­bruik kon word op die SAL ver­spil word nie. Want daar­uit spruit kon­trak­ge­leent­he­de en pos­te met vet sa­la­ris­se vir ’n k­lein e­li­te.

In­dien daar e­ni­ge kans is dat die SAL om­ge­draai kan word, sal dit net ge­doen kan word met uit­mun­ten­de sa­ke­ver­nuf aan die stuur – iets wat nog nooit vir die ANC ’n pri­o­ri­teit by e­ni­ge staats­in­stel­ling was nie. As die twee stand­pun­te teen me­kaar op­ge­weeg word, lyk dit tog of M­bo­we­ni reg is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.