Veg­ten­de LP’s stel nie voor­beeld vir ons kin­ders

Volksblad - - Kommentaar -

L.I. Mo­ha­le, Wel­kom

Die on­der­on­sies en ap­pel­swaai­e­ry Dins­dag in die par­le­ment is jam­mer­lik.

Ons par­le­ment lyk dees­dae soos ’n drink­plek waar men­se me­kaar by­dam.

Ons lei­ers, wat ons ge­kies het, mag hul­le nie skul­dig maak aan sul­ke on­der­on­sies en skel­le­ry nie.

So bly die pro­ble­me on­op­ge­los. Hul­le moet op­hou met die be­le­di­gings teen­oor me­kaar en die pro­ble­me ta­kel.

Ek hou ook nie van die bla­tan­te haat wat ek tus­sen hul­le sien nie.

Hul­le tree al­ler­mins soos vol­was­se­nes op. Dit is tyd dat hul­le op­hou met hul­le on­no­di­ge en vuil on­der­on­sies. Hul­le het nou ge­noeg vir ons ver­tel van me­kaar se fou­te.

Ons ont­hou wat in die ver­re en na­bye ver­le­de ge­beur het en weet baie van hul­le het ge­raam­tes in die kas. Ons het nou ge­noeg daar­van ge­hoor en ge­sien.

Dit is tyd dat hul­le nou vir ons diens le­wer. Ons land het so­veel pro­ble­me, daar is nie tyd om te mors nie.

Die par­le­ments­le­de moet ont­hou hul­le moet die land ver­e­nig. Ons kin­ders en jong men­se kan mak­lik ver­deel word wan­neer hul­le na die lei­ers kyk wat die pro­ble­me moet op­los.

Wat leer hul­le ons kin­ders oor ge­drag en pro­bleem­op­los­sing?

Op skool leer die kin­ders in le­wens­o­ri­ën­te­ring om saam te leef, maar kyk wat sien hul­le in die par­le­ment.

Van ons dorp- en stads­lei­ers stel ook hier­die swak voor­beeld.

Ons het po­li­ti­ci ge­kies om ons en ons kin­ders be­hoor­lik te ver­teen­woor­dig en van die land ’n suk­ses te maak.

En nou skaam ek my lam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.