Kleur kan nie al maat­staf wees

Volksblad - - Kommentaar -

Jo­han, U­ping­ton

Die kleur­kwes­sie wil net nie s­poed ver­loor nie.

Kyk nou weer die ge­veg­te in die par­le­ment. Op vorms en vra­e­lys­te moet ons ook steeds ons kleur in­vul. Vir op­na­me­doel­ein­des het dit sy voor­de­le, maar dit het ook sy na­de­le.

Men­se ge­niet dik­wels op grond van kleur voor­rang vir pos­te. Dit is mos nie reg nie. Ver­al nie as die aan­soe­ker on­be­kwaam is of, soos soms ge­beur, glad nie be­lang stel om hom- of haar­self vir die po­si­sie te be­kwaam nie.

Kleur kan nie lan­ger die e­nig­ste be­pa­len­de fak­tor wees nie. Wat van be­kwaam­heid?

Die wan­pres­ta­sie wat hier­uit spruit, skep pro­ble­me en die he­le ge­meen­skap ly daar­on­der. Kyk maar hoe lyk dit in die land waar tal­le men­se klaar­blyk­lik nie ’n i­dee het van wat van hul­le ver­wag word nie en nie be­kwaam is nie.

’n Voor­beeld is die Vry­staat wat ver­woes en ban­krot is as ge­volg van sul­ke aan­stel­lings. Dit is pa­te­ties.

Die een­vou­di­ge op­los­sing is be­kwa­me pos­be­kle­ërs. En hul­le moet toe­ge­wyd wees en ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar en op­tree wan­neer sa­ke skeef­loop. Daar kan nie kort-kort nog geld in­ge­pomp word in de­par­te­men­te en in­stel­lings waar vaar­dig­heid en toe­wy­ding ont­breek nie. Dit word al ja­re ge­doen en men­se wat hard werk om ’n be­staan te maak se geld word ge­mors.

Die op­los­sing is een­vou­dig ja, maar die po­li­tie­ke wil om din­ge te ver­an­der is nog nie heel­te­mal daar nie.

Die EFF se ras­sis­tie­se re­ak­sie op al­les waar­mee hy nie saam­stem nie, is ook ’n e­nor­me pro­bleem. Hul­le breek nie­ras­sig­heid af.

Al­mal moet trots wees op hul kleur. Al­mal moet me­kaar aan­vaar. Ver­geet die klas­si­fi­ka­sies en werk saam.

Oor ’n paar maan­de hou ons ’n le­wens­be­lang­ri­ke ver­kie­sing. Ons moet stem vir men­se wat die land be­hoor­lik kan re­geer en nie vir ras­sis­te en ver­mor­sers nie. Vir ’n ver­ant­woor­de­li­ke par­ty wat be­kwa­me men­se sal aan­stel wat die land se be­lan­ge en nie slegs hul­self be­voor­deel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.