Nie al­le ou­ers wil hê G­rey-raad moet be­dank

Volksblad - - Kommentaar -

Ver­baas­de G­rey-ou­er, Bloem­fon­tein

Die voor­blad­be­rig “Ou­ers eis G­rey-raad se kop­pe (02.11) het be­trek­king.

Vol­gens A­drie Hech­ter blyk dit uit die re­ak­sie van die ou­ers op die ou­er­ver­ga­de­ring dat die be­heer­raad be­hoort te be­dank.

Dit is nie die fei­te nie. Ek het die ver­ga­de­ring by­ge­woon en dit was be­slis nie die al­ge­me­ne re­ak­sie nie.

Se­ke­re spre­kers het ge­sê die be­heer­raad moet be­dank. Dit het eg­ter ge­lyk na men­se met wie voor­af ge­re­ël is. Die mees­te van hul­le het met voor­be­rei­de toe­spra­ke daar aan­ge­kom. An­der spre­kers het nie kant ge­kies nie en nog an­der het ge­sê die be­heer­raad moe­nie be­dank nie.

Men­se soos ek het net gaan luis­ter. Om­dat ons ge­swyg het, be­te­ken nie ons wil nie hê die be­heer­raad moet be­dank nie.

Daar is nie ge­stem of ’n be­sluit ge­neem nie.

R.M. du Toit, Vi­r­gi­nia

An­ne­tjie Ma­rais van Bains­vlei skryf sy is keel­vol vir die G­rey­be­rig­te (08.10). Ig­no­reer dit dan. Daar is an­der le­sers wat dit in­te­res­sant vind. Leef en laat leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.