Boeing reik no­ta uit ná Li­on Air-vlie­gramp

Volksblad - - Nuus -

Ter­wyl die on­der­soek voort­gaan na die neer­stor­ting van Li­on Air se vlug 610 ver­le­de maand in die Ja­va-see, In­do­ne­sië, het Boeing ’n be­dryf­s­no­ta aan lug­diens­te uit­ge­reik.

Al 189 men­se aan boord is in die voor­val dood.

Die vlieg­tuig­ver­vaar­di­ger het Dins­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê dié be­dryf­s­no­ta her­in­ner be­man­nings­le­de hoe om fou­tie­we ka­juit­le­sings te han­teer, be­rig CNN.

’n Woord­voer­der van Boeing wil nie sê of die no­ta slegs vir 737 MAX 8-vlieg­tuie – die mo­del wat vir vlug 610 ge­bruik is – of al­le Boeing-vlieg­tuie geld nie.

Lui­dens die ver­kla­ring ver­wys die no­ta lug­diens­te na be­staan­de pro­se­du­res vir ka­juit­be­man­ning wan­neer die sen­sors wat die hoek teen die aan­ko­men­de lug of wind ver­ge­le­ke met ’n ver­wy­sings­lyn op die vlieg­tuig se vlerk meet, fou­tief is. Dit is die so­ge­naam­de AOA- of a­rea of at­tack­sen­sors.

Boeing sê in die ver­kla­ring vol­gens die In­do­ne­sie­se na­si­o­na­le ver­voer­vei­lig­heids­ko­mi­tee het een van die AOA-sen­sors op vlug 610 fou­tie­we le­sings ge­gee, be­rig Reu­ters.

As die kri­tie­ke aan­vals­hoek te groot is, kan die vlieg­tuig ’n a­ë­ro­di­na­mie­se sta­king er­vaar, wat be­te­ken dit het nie meer ge­noeg dra­krag om in die lug te bly nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.