To­wns­hip in Cla­rens son­der wa­ter oor E­s­kom-skuld

Volksblad - - Nuus -

In­wo­ners van die K­gu­betswa­na­towns­hip in Cla­rens het nie drink­wa­ter nie om­dat E­s­kom ’n krag­punt bui­te die dorp weens wan­be­ta­ling af­ge­ska­kel het.

Ro­ger Nhla­po, ’n DA-raads­lid vir die mu­ni­si­pa­li­teit, sê die Dihla­beng-mu­ni­si­pa­li­teit skuld E­s­kom R180 mil­joen.

Dihla­beng be­dien Beth­le­hem, Cla­rens, Fou­ries­burg, Paul Roux en Ro­sen­dal.

Nhla­po sê die krag­punt word ge­bruik vir die pomp­sta­sies wat die dorp se wa­ter en ri­ool pomp. In­wo­ners in die to­wns­hip het nie wa­ter nie en ri­ool­vuil dam o­ral op.

Nhla­po sê die DA het aan die mu­ni­si­pa­li­teit se fi­nan­si­ë­le hoof, Pu­le K­hi­ba, ’n brief ge­skryf en eis dat die raad drin­gend sê wat hy gaan doen om E­s­kom te be­taal.

Dr. Roy Jan­kiel­sohn van die DA sal ook by die wet­ge­wer uit­vind wat die pro­vin­si­a­le re­ge­ring gaan doen om die pro­ble­me met wan­be­stuur by die mu­ni­si­pa­li­teit op te los.

Nhla­po sê die af­ge­ska­kel­de krag­punt lei tot pro­ble­me vir sko­le en kli­nie­ke in die om­ge­wing en in­wo­ners moet ver loop om wa­ter aan te dra.

Hy sê ri­ool­vuil loop in na­tuur­li­ke wa­ter­bron­ne in, wat weer ’n ge­vaar vir vis­se en an­der die­re kan skep.

– A­let van der Walt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.