Hof sê nee vir Su­pra

Volksblad - - Nuus - Bo­no­lo Se­le­ba­no

Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, voor­ma­li­ge pre­mier van Noord­wes, se drin­gen­de aan­soek teen die ANC se be­sluit om die par­ty se pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (PUK) in dié pro­vin­sie te ont­bind, is met kos­te van die hand ge­wys.

Reg­ter Seun Mos­hi­di het in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg be­slis die aan­soek is nie drin­gend nie.

Ma­hu­ma­pe­lo en nog vier on­te­vre­de ANC-le­de van Noord­wes – Aa­ron Motswa­na, Ma­mo­ny­e­ny­a­ne Ma­le­ke, Kut­l­wa­no Ma­si­bi en Grayn Jood – het aan­ge­voer die be­sluit deur die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) is on­gel­dig en ir­ra­si­o­neel.

Die ont­bin­ding van die PUK het Ma­hu­ma­pe­lo sy pos as pro­vin­si­a­le ANC-lei­er ge­kos. Hy het daar­na as pre­mier be­dank.

Noord­wes is on­der ad­mi­nis­tra­sie ge­plaas te mid­de van be­we­rings van kor­rup­sie en ’n ge­sond­heid­stel­sel wat in duie ge­stort het.

Adv. Wil­li­am Mok­ha­ri, vir die ANC, het ge­sê Ma­hu­ma­pe­lo se aan­soek is fut­loos en nie drin­gend nie om­dat dit 24 dae ná die be­sluit in­ge­dien is.

Die reg­ter het dit toe­ge­gee en die aan­soek be­stem­pel as ’n “mis­bruik van die reg­stel­sel”.

Ma­hu­ma­pe­lo het ná die uit­spraak ge­sê hy gaan nie nou in­gee nie.

“Ons het reeds ons pro­ku­reurs op­drag ge­gee om te ver­se­ker die saak kom weer op die rol. T­wee­dens gaan ons die saak op die vol­gen­de ver­ga­de­ring van die na­si­o­na­le al­ge­me­ne raad van die par­ty weer op­per.”

K­rish Nai­doo, die ANC se regs­raad­ge­wer, het bui­te die hof ge­sê die voor­ma­li­ge pre­mier be­hoort sy stand­punt te her­oor­weeg.

“Dit is be­lang­rik dat hier­die le­de nou daar­oor gaan na­dink en eer­der be­trok­ke raak by die voor­be­rei­dings vir vol­gen­de jaar se ver­kie­sing.”

Ma­hu­ma­pe­lo was on­langs saam met Ace Ma­gas­hu­le, voor­ma­li­ge pre­mier van die Vry­staat en hui­di­ge se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die ANC, toe hy oud­pres. Ja­cob Zu­ma in Dur­ban gaan be­soek het.

Dit het tot ge­rug­te van ’n te­rug­veg­po­ging deur Zu­ma teen pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa aan­lei­ding ge­gee.

Ma­hu­ma­pe­lo het gis­ter ook daar­oor kom­men­taar ge­le­wer. Hy sê hy het die ver­ga­de­ring met Zu­ma aan­ge­vra om die om­stan­dig­he­de aan hom te gaan ver­dui­de­lik wat daar­toe ge­lei het dat hy voor­ty­dig as pre­mier be­dank het.

Dit is on­der meer dat sy naam, die naam van die pre­miers­kan­toor en die re­ge­ren­de par­ty se naam deur die mod­der ge­sleep word. Mail & Gu­ar­di­an het gis­ter be­rig Ma­hu­ma­pe­lo het mu­ni­si­pa­li­tei­te in Noord­wes be­ïn­vloed om so­wat R314 mil­joen by die ge­doem­de VBS Mu­tu­al Bank te de­po­neer.

Hy het dié aan­ty­ging gis­ter by na­vraag ont­ken.

“Ek het nie die mag­te ge­had om dit te doen nie.

“Ons het ENB, VBS, Ab­sa en S­tan­dard Bank uit­ge­nooi om deel te word van ons pro­vin­si­a­le uit­reik­pro­gram­me.

“Nou skie­lik sê men­se ons het VBS voor­ge­trek.”

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo gis­ter by die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.