‘Loop ag­ter jou oë aan’ op dié roe­te

F­len­ter­stuk­kies rooi lê o­ral langs die voet­pad al die­per die Ny­a­la-val­lei in. As jy nie op­kyk en sien dit is die bos­dak van ko­raal­bo­me wat hul blom­me­tjies af­skud nie, sou jy kon glo Moe­der Na­tuur het haar rooi ta­pyt stuk-stuk vir ons voet­sla­ners uit­ge­rol,

Volksblad - - Naweek+ -

‘Dis só mooi! My lyf is moeg ge­stap, maar my oë wil nie op­hou kyk nie. Ek loop nou wrag­gies al ag­ter my oë aan,” sê E­z­na Roux, een van die groep van ne­ge voet­sla­ners op die S­keeps­wrak­voet­slaan­roe­te (S­hip­wreck Trail) tus­sen die Ko­wie- en Vis­ri­vier in die Oos-Kaap.

Dié ses­dag-voet­slaa­n­a­von­tuur van so­wat 80 km word die skeeps­wra­k­roe­te ge­noem, om­dat me­ni­ge ou han­del­ske­pe met hul pen­se prop­vol ruil-i­tems hier deur die soms on­stui­mi­ge Oos­kus-see in­ge­sluk is. Daar­om, as jy ge­luk­kig is, kan jy hier op ’n deel van die strand stuk­kies Ming-por­se­lein op­tel wat van­uit die vroeë 1800’s da­teer.

El­ke dag se voet­slaan­roe­te neem ons klom­pie voet­sla­ners na ’n an­der stuk na­tuur-mooi­heid. Van die uit­ge­strek­te dui­ne-land­skap tot diep in ’n pa­ra­dys van on­ge­rep­te in­heem­se bos met brood­bo­me, stre­lit­zi­as, bos­le­lies en geel­hout-reu­se.

Hier skuil ’n ver­skei­den­heid klein­wild en vo­ëls wat sog­gens en saans sorg vir ’n bos-sim­fo­nie wat ’n mens dwing om praat te sluk en net te luis­ter.

Wat ’n voor­reg om saam met die na­tuur­ken­ner Hen­nie S­wa­ne­vel­der te stap. Hy wys ons die u­nie­ke streek­plan­te, waar­on­der rag­fyn or­gi­deë en veld­kool, en vroeg­dag se voet­spo­re en die sku bos­be­wo­ners, soos die skop­suil en bos­loe­rie (Na­ri­na Tro­gon). Oor dié loe­rie sê hy: “Ons is baie ge­luk­kig; daai vo­ël laat hom nie som­mer sien nie.”

Langs die oos­kus se u­nie­ke uit­ge­strek­te strand stap jy jou tromp­op in jou­self vas. Jy be­sef hoe af­ge­stomp die al­le­daags­heid van werk toe en te­rug jou kan maak.

Die roe­te sluit ook ’n 9 km­roei-uit­da­ging op die K­lei­ne­mon­de-ri­vier se wes­te­li­ke sy­tak in. Dit neem ons na ’n voet­pad deur ’n re­ser­vaat waar­op ’n mens tot diep in die bos loop om by al­ler­lief­li­ke oor­nag­hut­te te kom wat weg­ge­steek tus­sen die bo­me staan. Hier kry jy sie­le­rus. Lank ná die skeeps­wrak­stap­tog weer­klink die bos­ge­lui­de in my ore en draai die be­le­win­ge, land­skap­pe en stap­ge­sel­sies deur my ge­dag­tes.

En die hun­ke­ring na die na­tuur­li­ke een­voud van die bos en uit­ge­rek­te strand klink el­ke nou en dan in my op soos die jak­kal­se se ge­roep wat ons kamp­vuur­ge­sprek­ke on­der­breek het.

Dag 1: Port Alf­red, Ko­wie­ri­vier tot

by Milk­wood Hut (so­wat 9 km)

Elk­een op sy of haar eie rit­me, stap ons strand­langs. Dis laag­wa­ter en ons is op die uit­kyk vir die oor­blyf­sels van ’n skeeps­wrak uit 1870. Daar lê die ding so­waar, ’n reu­se- ge­roes­te stoom­ke­tel (boi­ler) van die Vic­to­ria-sleep­boot. Dié sleep­boot is vol­gens oor­le­we­ring met op­set ge­sink. Die skeeps­kap­tein is glo geld ge­skuld deur die sleep­boo­t­ei­e­naar en hy het toe be­sluit: “Jy be­taal my nie, dus strand ek jou boot.”

Vroeg­mid­dag span ons uit by die Milk­wood Hut on­der ’n groot melk­hout­boom. Ons word ver­wel­kom deur ’n berg­skil­pad en la­ter kom wei ’n trop jong koe­does dig­by die kamp­plek. ’n Gas­toe­stel sorg vir heer­li­ke warm wa­ter in die bos­stort en ’n spoel­toi­let met ’n uit­sig oor die bos is een­kant in­ge­rig.

Dag 2: Milk­wood Hut tot by Riet Ri­ver T­ree Hou­ses (so­wat 14 km)

Vroeg­og­gend is dit te­rug strand toe om tot by die Rie­t­ri­vier-kus­dor­pie te loop en dan koers te vat oor die R72-pad, land-in. Dié voet­pad kron­kel langs die Rie­t­ri­vier en word al rui­er on­der hoë boom­reu­se tot by die oor­nag­plek . . . boom­hui­se! So­wat 6 me­ter hoog is die boom­hui­sies ste­wig in­ge­rig tus­sen die geel­hout­bo­me se top­pe. ’n Boom­huis is ’n aan­ge­na­me klein­tyd-her­in­ne­ring, maar dit is veel lek­ker­der om as groot­mens so hoog in die tak­ke te kui­er en slaap.

In dié oor­nag­kamp is daar nie warm wa­ter nie. Om te was, het jy ’n keu­se tus­sen ’n koel bos­stort of ’n ver­fris­sen­de af­spoel in een van die poe­le tus­sen die palms. ’n Put­toi­let is weg­ge­steek tus­sen die bos­se oor­kant die ri­vier­stroom.

Dag 3: Riet Ri­ver T­ree Hou­ses – Three Sis­ters (so­wat 7 km)

Te­rug op aar­de uit die boom­hui­se, kron­kel-stap ons op ons vo­ri­ge dag se voet­spo­re en vat dan die pad na Three Sis­ters. Dit neem ons deur ont­bos­te vel­de ver­by trop­pe bees­te.

Die “drie sus­ters” is die hoog­te­punt van die dag. Dit ver­wys na drie ver­steen­de sand-en-rots-“ei­lan­de” in die see. In storm­sterk­wind durf ons die mid­del­ste “sus­ter” aan en klim tot bo om so die storm­see te sien oop­bars in wit skuim teen die kran­se.

Ons oor­nag in ’n na­by­ge­leë huis wat voor­heen ’n ma­rie­ne sta­sie was. Die plek is ge­stroop van e­ni­ge nos­tal­gie, maar sorg vir ’n nag van warm slaap.

Dag 4: Three Sis­ters – Li­ly Pad Hut (15 km)

Groot is die op­win­ding vir dié dag, want dit is die roei­dag. Ons stap oor die groen gras­heu­wels tot by K­lei­ne­mon­de waar die dub­bel­ka­no’s op ons wag. Rug­sak­ke toe­ge­maak in wa­ter­dig­te sak­ke, is dit be­hoor­lik ore in die nek soos ons teen die berg­wind in­beur om so gou moont­lik in kal­mer wa­ter te kom. So ver ons roei, word ons be­groet deur ’n ver­skei­den­heid wa­ter­vo­ëls. Van waar die ka­no’s op die wal uit­ge­trek word, is dit nog so 3 km se stap deur dig­te bos­se na die Ny­a­la-val­lei. Hier stap ons deur ’n re­ser­vaat en sien blou­wil­de­bees­te, ka­meel­per­de, rooi­bok­ke, nja­las, se­bras en vlak­var­ke. Die mus­kel­jaat­kat waar­teen ons “ge­waar­sku” is, daag toe nie op nie, maar die vuur­vlie­gies het ons nie te­leur­ge­stel nie.

Li­ly Pad Hut be­staan uit twee groot riet­hui­se met ’n reu­se­hout­dek hoog tus­sen die bo­me. Die kom­buis en vuur­maak­plek is ge­sel­lig en ’n don­kie moet hier ge­stook word vir ’n sa­li­ge warm stort in die bos. Twee put­toi­let­te is aan weers­kan­te van die kamp­plek, ver ge­noeg tus­sen die bo­me vir pri­vaat­heid, in­ge­rig. Dit is die be­koor­lik­ste oor­nag­plek en hier stap ’n mens met ’n swaar hart weg.

Dag 5: Li­ly Pad Hut – S­to­ne Cot­ta­ge (so­wat 21 km)

Ná ’n nag wat al­mal aan die praat ge­had het oor die nag­ge­lui­de, is dit vroeg op­pak en te­rug in ons spo­re na die ka­no’s. Ons roei tot by K­lei­ne­mon­de, trek weer ons stap­skoe­ne aan en maak ’n draai by ’n win­kel­tjie vir vars kamp­kos, ’n room­ys of sjo­ko­la­de-be­derf. By ’n tuis­ny­wer­heid kry ons heer­li­ke koe­doe­wors vir die aand se braai.

Te­rug strand toe is dit so­wat 10 km se aan­stoot kus­langs waar daar by ’n kreef­krat-mer­ker skerp links land-in ge­loop moet word. Maar voor­dat ons daar kom, is dit eers uit­span by Clay­ton Rocks om tus­sen die skul­pe te soek vir stuk­kies por­se­lein. Aha! . . . Tus­sen die ne­ge voet­sla­ners tel ons drie klein stuk­kies por­se­lein op. Te­vre­de met dié vonds, is dit aan­stap kreef­krat-mer­ker toe.

Van daar volg ’n uit­mer­ge­len­de klim oor sand­dui­ne voor­dat ’n strook in­heem­se bos vir la­fe­nis sorg. Dan nog so ’n paar ki­lo­me­ter deur ont­bos­te veld voor­dat ’n mens by die S­to­ne Cot­ta­ge langs ’n la­ning ko­raal­bo­me kom. Die klip­huis in Ge­or­gi­aan­se styl is in 1848 deur Wil­li­am Clay­ton ge­bou. Dit is vol­le­dig ge­re­stou­reer en het e­lek­tri­si­teit. In die ou plaas­kom­buis word daar dik stuk­ke om die an­tie­ke ta­fel ge­kui­er oor be­kers moer­kof­fie en be­skuit.

Dag 6: S­to­ne Cot­ta­ge – Vis­ri­vier­mond (so­wat 15 km)

Die laas­te dag van die S­hip­wreck-voet­slaan­roe­te neem ons na die na­by­ge­leë Gre­at Fish Point-vuur­to­ring. Va­n­af die ou klip­huis stap ons ’n paar ki­lo­me­ter grond­pad langs see se kant toe voor­dat ons by die ma­je­stu­eu­se swart-en-wit to­ring kom.

Dié vuur­to­ring is 9 m hoog en in 1989 ge­bou. Dit is een van die kort­ste van die 45 vuur­to­rings langs die Suid-A­fri­kaan­se kus. Be­soe­kers kan hier aan­doen en op ’n be­sig­ti­gings­toer gaan waar­ty­dens vuur­to­ring­man Mar­tin Pe­ter­sen in­te­res­san­te fei­te gee en ver­ha­le ver­tel.

Van hier af is dit deur die dui­ne te­rug strand toe. Dan oos tot by die Vis­ri­vier-dor­pie waar ons tus­sen ou­wê­reld­se hui­sies dwaal voor­dat die laas­te grond­pad ge­vat word om op die R72­pad oor die Vis­ri­vier-brug te stap. Die eind­punt is Fish Ri­ver Di­ner, waar ’n heer­li­ke bord vars vis en tjips wag.

Meer in­lig­ting: www.ship­wreck­hi­king.co.za | 082 391 0647 | 046 675 1321 | a­drift@mweb.co.za

Fo­to: HEILIE COMBRINCK

Som­mer vroeg op die S­hip­wreck-voet­slaan­roe­te is die stoom­ke­tel van die Vic­to­ria-sleep­boot wat in 1870 ge­strand het, te sien. Hier neem voet­sla­ner Hen­nie S­wa­ne­vel­der ’n fo­to van die wrak­stuk.

Diep in die on­ge­rep­te in­heem­se bos kron­kel die voet­pad al langs wa­ter­stroom­pies. Hier trap C­harl du Rand mooi om nie te gly nie.

Op die laas­te dag het die skry­wer ’n draai by die Gre­at Fish Point­vuur­to­ring ge­maak wat in 1989 ge­bou is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.