K­week jou eie vir wa­re smaak

Daar is net een ma­nier om die ‘wa­re’ smaak van ta­ma­ties te er­vaar: k­week jou eie! Die aan­tal nu­we en er­fe­nis­va­ri­ë­tei­te wat van saad of as ta­ma­ties in pot­te ge­kweek kan word, neem el­ke jaar toe.

Volksblad - - Naweek+ - A­LI­CE COETZEE @Leef­styl24

Tuin­sen­trums ver­koop dees­dae ta­ma­tie­saai­lin­ge van er­fe­nis­va­ri­ë­tei­te in ’n meng­sel van re­ën­boog­kleu­re.

Ta­ma­ties is mak­lik om te k­week, maar dit be­no­dig meer sorg as die mees­te an­der groen­te.

In­sek-ak­ti­wi­teit of siek­te moet on­mid­del­lik han­teer word, an­ders word die oes be­na­deel. Rank-va­ri­ë­tei­te moet ge­reeld af­ge­breek of ge­snoei word. Selfs by bos­va­ri­ë­tei­te le­wer snoei be­ter op­brengs.

Vyf “moets” vir ’n ta­ma­tie­tuin

Ta­ma­ties hou van vrug­ba­re grond; maak dus se­ker jy voed die grond met kom­pos voor­dat jy plant. Ver­be­ter drei­ne­ring en be­lig­ting van ter­ras­se of bed­dings.

Kies ’n plek wat die og­gend­son en die mid­dag­ska­du kry. Plant die plant­jies so­wat 60 cm tot 80 cm uit­me­kaar.

■ Maak ge­reeld nat so­dat die grond deur­lo­pend vog­tig is. Moe­nie die grond te veel laat uit­droog of oor­wa­ter nie, dit raak die vrug­te­groei. Hou die wor­tels koel met ’n dek­laag.

■ Be­mes wan­neer die plant be­gin blom en vrug­te dra.

■ Be­stuur plae. Wit­vlieg, plant­lui­se en rooi­spin­ne­kop (spi­der mi­te) is al­mal aan­ge­trok­ke tot ta­ma­ties en kan be­heer word met or­ga­nie­se in­sek­do­ders soos Lud­wig’s In­sect S­pray of Mar­ga­ret Ro­berts Or­ga­nic In­secti­ci­de. Die lar­wes van die A­me­ri­kaan­se bol­wurm word in die vrug­te ge­lê, wat ver­oor­saak dat die vrug van bin­ne af vrot. Hul teen­woor­dig­heid blyk uit die sig­ba­re ga­te in die ta­ma­ties. ’n Or­ga­nie­se op­los­sing is die Mar­ga­ret Ro­berts Bi­o­lo­gi­cal Ca­ter­pil­lar In­secti­ci­de. Voor­ko­men­de be­spui­ting moet be­gin wan­neer die vrug be­gin vorm.

Ta­ma­tie-ten­den­se om te volg

■ Ba­ba-ta­ma­ties is die nu­we lek­ker­goed, en dit is nie net ker­sie­ta­ma­ties nie. Daar is “bes­sie” en “drui­we­kor­rels”, as­ook ver­skil­len­de ker­sie­ta­ma­ties. Al­mal is ek­stra soet en lek­ker.

“Can­dy­land Red” is ’n nu­we ta­ma­tie. Die don­ker­rooi soet vrug­te is klei­ner as die ker­sie­ta­ma­tie s’n, ge­reed om di­rek uit die tuin in jou mond te steek. Die plant is net­jie­ser as an­der soort­ge­ly­ke ta­ma­ties en die tros­sies word aan die bui­te­kant van die plant ge­vorm, wat oes mak­li­ker maak.

■ Swart ta­ma­ties (diep­bruin of don­ker­rooi) is min­der suur as rooi ta­ma­ties. “Black K­rim” is ’n krag­ti­ge, hit­te­ver­draag­sa­me plant met don­ker­bruin/rooi vrug­te met ’n pi­kan­te, ryk en soet smaak. Dit is be­skik­baar in saad of in ’n saai­ling­pak. “Mid­nig­ht S­nack” is ’n nu­we in­di­go-ker­sie­ta­ma­tie met ’n blink swart­pers skil wan­neer dit aan son­lig bloot­ge­stel word. Hier­die kleur kom uit die op­ho­ping van an­to­si­a­nien­pig­ment, dit is die­self­de re­de hoe­kom blou­bes­sies blou is. Dit be­vat ge­son­de an­ti­ok­si­dan­te. Die tak­ke moet ge­stut word om te kan rank (’n o­be­lisk is ge­skik). Dit moe­dig die plant aan om vrug­te te dra. Dit is ’n baie vin­ni­ge groei­en­de plant.

■ Pa­tio-ta­ma­ties is bas­ters wat spe­si­aal ge­teel is vir k­week in klein ruim­tes, in pot­te of hang­mand­jies. Die plan­te is sterk en ste­wig, met hoë op­brengs­te van tot 50 of meer ta­ma­ties per plant. Va­ri­ë­tei­te sluit in die ker­sie-ti­pe, “Pa­tio C­hoi­ce Yel­low” en “S­weet ’n’ Ne­at S­car­let”.

“Red Na­po­li” is ’n klei­ner weer­ga­we van die Ro­ma-ta­ma­tie, en “Sun­ri­se Sau­ce” is ’n vin­ni­ge vol­was­se, bos­ag­ti­ge oran­je Ro­ma-ti­pe. Die op­brengs is hoog, en die oran­je vrug­te is soet en vleis­ag­tig. Dit kan rou ge­ëet word, maar die bes­te geur word be­haal deur kook. “Tum­bling Tom” (geel en rooi) is ge­skik vir hang­mand­jies.

■ Rooi is steeds die bes­te om­dat rooi ta­ma­ties li­kop­een be­vat, die an­ti­ok­si­dant wat de­pres­sie ver­min­der en glo help be­skerm teen pro­staat­kan­ker en hart­siek­te. Goeie veel­sy­di­ge ta­ma­ties, soos Flo­ra­da­de, Heinz 1370, en Ro­da­de sal al­tyd ge­wil­de tuin­ta­ma­ties wees. “Me­ga­bi­te” is ’n nu­we dwerg­ver­skei­den­heid (40 cm hoog) wat baie blink, rooi, vleis­ag­ti­ge ta­ma­ties le­wer.

Pa­tio-ta­ma­ties soos dié “Pa­tio C­hoi­ce Yel­low” is bas­ters wat spe­si­aal ge­teel is vir k­week in klein ruim­tes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.