Van­dag wat was

Volksblad - - Pretblad -

Mi­chail Ka­la­sj­ni­kof, Rus­sie­se ont­wer­per van die AK47-ge­weer, sou van­dag 99 ge­wees het. Mar­thi­nus van S­chalk­wyk, Suid-A­fri­kaan­se po­li­ti­kus, is 59.

156 jaar ge­le­de (1862): Ver­di se o­pe­ra La For­za del De­s­ti­no (Die mag van die nood­lot) be­leef sy wê­reld­pre­mi­è­re in St. Pe­ters­burg, toe hoof­stad van Rus­land. 133 jaar ge­le­de (1885): Paul Daim­ler, seun van die Duit­se in­ge­ni­eur Gott­lieb Daim­ler, lê 10 km af op sy pa se uit­vind­sel en word daar­mee die wê­reld se eer­ste mo­tor­fiets­ry­er. 74 jaar ge­le­de (1944): Dit word be­kend dat Duits­land in die Twee­de Wê­reld­oor­log ’n nu­we wa­pen, die V2vuur­pyl, teen B­rit­tan­je ge­bruik. 73 jaar ge­le­de (1945): Die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens stel met die sa­me­wer­king van die B­ri­tish O­ver­se­as Air­ways Cor­po­ra­ti­on sy eer­ste vlug­te tus­sen Jo­han­nes­burg en Lon­den in. 28 jaar ge­le­de (1990): C­handra S­hek­har word as pre­mier van In­dië be­ë­dig. 27 jaar ge­le­de (1991): Suid-A­fri­ka keer tot in­ter­na­si­o­na­le krie­ket te­rug voor ’n re­kord­ska­re van 92 000 in die In­die­se stad Kol­ka­ta (toe nog Kal­kut­ta ge­noem). In­dië wen dié een­dag­wed­stryd met drie paal­tjies. 24 jaar ge­le­de (1994): Irak er­ken Koe­weit as ’n soe­we­rei­ne land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.