SA vroue kry nu­we af­rig­ter

Volksblad - - Sport - – Jo­hann de Ja­ger

Ro­bin van Gin­kel, die nu­we hoof­af­rig­ter van die Suid-A­fri­kaan­se vrou­e­hok­kie­span, was die af­ge­lo­pe de­ka­de in ver­skeie rol­le by die na­si­o­na­le span­ne be­trok­ke.

Hy neem die lei­sels oor by S­hel­don Ros­tron, wat ná sy ter­myn van drie jaar be­sluit het om nie weer vir die pos aan­soek te doen nie. Sy ter­myn het ná die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in En­ge­land vroe­ër van­jaar ver­stryk.

Van Gin­kel is vir vier jaar tot en met 2022 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi aan­ge­stel. Van Gin­kel, wat ’n hon­neurs­graad in sport­we­ten­skap het, het Ros­tron voor­heen as hulp­af­rig­ter by­ge­staan en was ook by die vrou­e­span be­trok­ke toe Gi­les Bon­net nog die af­rig­ter was. Hy was voor­heen af­rig­ter van die na­si­o­na­le o.18- en o.21span­ne en is deeg­lik be­wus van die op­ko­men­de ta­lent in die land. Van Gin­kel sal as di­rek­teur van hok­kie by St. S­ti­thi­ans Col­le­ge Jo­han­nes­burg aan­bly om­dat die pos as na­si­o­na­le af­rig­ter son­der ver­goe­ding kom. Sy eer­ste taak aan die stuur van die span sal die in­ter­na­si­o­na­le reeks in Ja­nu­a­rie en Fe­bru­a­rie teen vier be­soe­ken­de span­ne wees.

■ Die Fran­se mans­pan het die reeks teen Suid-A­fri­ka gis­ter by Wits be­klink deur die der­de toets met 3-1 te wen, wat aan hom ’n on­aan­veg­ba­re voor­sprong van 2-0 ge­gee het.

Die vier­de en laas­te toets word van­dag om 14:30 weer daar be­slis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.