24 uur

Bul­le ver­ras met kon­trak vir oud-Bok

Volksblad - - Sport - – Mar­nus Kok

Die ver­ge­te oud-S­pring­bok Cor­nal Hen­dricks se rug­by­loop­baan het uit die as ver­rys met die nuus dat die Bul­le hom vir aan­staan­de jaar se Su­per­rug­by-reeks ge­kon­trak­teer het.

Hen­dricks (30) het sy toets­bui­ging in 2014 ge­maak en die Bok­ke in 12 toet­se op vleu­el ver­teen­woor­dig, voor­dat hy die laas­te paar jaar met sy ge­sond­heid ge­suk­kel het.

’n Hart­kwaal is vroeg in 2016 by hom ge­di­ag­no­seer, waar­na sy kon­trak by die S­tor­mers ter­sy­de ge­stel is en hy hom la­ter daar­die jaar by die Fran­se klub Tou­lon aan­ge­sluit het.

Die klub het eg­ter vroeg in 2017 be­sluit dat dit ’n te groot ri­si­ko is om hom te kon­trak­teer, waar­na hy toet­se by die Bul­le on­der­gaan het, maar hul­le hom ook nie wou kon­trak­teer nie.

Die Bul­le het eg­ter gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê dat Hen­dricks deur ’n voor­aan­staan­de hart­spe­si­a­lis ge­sond ver­klaar is om te speel en dat die vleu­el ten vol­le be­wus is van die ri­si­ko ver­bon­de aan sy hart­kwaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.